💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Ons Hulp Kom Van Die Here

"My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het." P121:2

Kosbare vrou onthou ons hulp is van DIE HERE WAT HEMEL EN AARDE GEMAAK HET, ons het dus rede om in alles dankbaar te wees, want dis presies wat ons kosbare Liefling Here verdien. 

"Die Here sal my help. Hy het alles in die wêreld gemaak." P121:2(DB)

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

4 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Ons Hulp Kom Van Die Here”

  1. Ek is dankbaar dat U my die week gedra het. Ek was tot niks in staat nie, en sou nie deur die week gekom het sonder U nie.
    Ek is dankbaar vir my kinders, hulle meisies en my kleinkinders. Hulle maak my lewe vol.
    Ek is dankbaar dat U my die week die belofte gegee het dat Ù my sal verlos, my èn my hele huisgesin.
    Ek is dankbaar vir die pragtige vrouens in my lewe en saam met wie ek op my kniee kan gaan voor U.
    Ek is dankbaar dat my pad vir my onbekend is maar dat ek nie hoef te vrees nie want U het hom reeds vir my uitgelê.

  2. Ek is dankbaar dat my Geliefde Here als ten goede meewerk.
    Ek is dankbaar dat Hy goeie planne vir my en my kinders het.
    Ek is dankbaar vir nuwe dag en gesondheid.
    Ek is dankbaar vir Sy liefde en genade.
    Ek is dankbaar dat Hy altyd by my is.
    Ek is dankbaar vir als wat ek van my Geliefde ontvang, Hy is my voorsiener en my en my kinders se beskerming.

  3. Ag my geliefdes, ek wil U bedank:
    – Weens die reën wat gisteraand geval het en die weer so aangenaam gemaak het, aangesien ons ‘n week van uiterste hitte gehad het.
    – Vir die familiebyeenkoms wat ons gisteraand by my aardse pa se huis gehad het, en dit was vreedsaam en vreedsaam.
    – Vir die ongelooflike week wat ek en Brincy kon hê weens die skoolvakansie. Ons kon selfs hul neefs hier by die huis verwelkom vir “slaap-nag”, dit was baie lekker en ek kon baie lekkernye maak, en hulle was mal daaroor!🥰
    – Dankie dat jy my geneig het om die blomme waarvoor ek so lief is in my tuin te plant, en ek het lankal niks gehad nie, maar hierdie week het U my gelei, my gehelp plant, en die tuin is pragtig… ❣️
    Soos die vers in vandag se Oordenking sê: “Die Here is goed.” En dit is heeltyd goed!!!❤️‍🔥

  4. Ek is dankbaar dat my Liefling Here my gehelp het om vandag 5 km te stap en dat Hy die Een is om my te help om gewig te verloor.
    Ek is dankbaar dat ek niks ooit weer alleen hoef te doen nie.
    Ek is dankbaar dat Hy my krag is en Hy my Vertrooster is wanneer dinge vir my te veel raak en dan kan ek ook weet Hy het my toekoms veilig in Sy hande.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening in my en my kinders en my ouers se lewe.
    Ek is dankbaar dat Hy vir my meer gee as wat ek nodig het.
    Ek is dankbaar vir al Sy leiding en liefde en dat Hy my beter ken as enige iemand.
    Ek is so dankbaar dat ek net myself by Hom kan wees.
    Ek is dankbaar my Liefling Here het my genees van my verlede en dat Hy al is Wie ek nodig het en al is Wie ek wil hê en dat as ek Hom het, het ek alles.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui