💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Die Here Gee Sodat Ons Moet Gee

"Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word." 2K9:11

Wow die Here gee vir ons sodat ons vir ander kan gee sodat Hy gedank word. So kosbare vrou onthou dit gaan alles oor ons kosbare Liefling Here, so onthou om vandag dankbaar te wees.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

7 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Die Here Gee Sodat Ons Moet Gee”

  1. Ek is dankbaar dat ek my seun wat ek 10 maande terug gesien het, kon sien.
    Ek is dankbaar dat ek my Here sò duidelik hoor op hierdie deel van my reis.
    En vandag wil ek een persoon uitsonder want ek is meer as dankbaar vir haar in my lewe.
    Ek wil my Here vandag dankie sê dat Hy vir Janine op my pad gesit het, vir al haar bemoediging, omgee, liefde, geduld en ophelp elke keer as ek val.
    My Here het geweet ek gaan haar nodig hê om by die wenstreep te kom.

  2. Ek is dankbaar teenoor my Hemelse Man vir die dinge wat Hy my hierdie week weer geleer het. Dit is so mooi om hierdie reis saam met Hom te maak. Hy vernuwe my hart weer en weer met Sy wonderlike beginsels, so ek ervaar al hoe meer vrede in die hantering van mense wat my teleurstel of seermaak.
    Ek is dankbaar dat Hy altyd by my is en my omring met Sy liefde en sorg.
    Ek is dankbaar dat Hy my elke dag wysheid en raad gee in die grootmaak van die kinders.
    Ek is dankbaar dat Hy my help om my slaapkamer op te knap, Hy gee my insig en inspirasie om dit in ‘n pragtige, knus en aantreklike kamer te omskep.

  3. Ek is dankbaar vir nuwe dag, gesondheid, en my Geliefde se nuwe genade.
    Ek is dankbaar vir my kinders.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening.
    Ek is dankbaar vir als wat my Geliefde in my lewe doen en vir die plan wat Hy vir my en my kinders het.

  4. Ek dank My Geliefde vir sy leiding, vergifnis en sy onfeilbare liefde.
    Ek is dankbaar vir my gesondheid, my bloeddruk is stabiel en hulle het die dosis van die medikasie verlaag.
    Ek dank my Geliefde vir sy vertroosting, want hy het my nog nooit in die steek gelaat nie💓

  5. Ek is dankbaar dat my Liefling Here my Voorsiener is en so mooi vir my voorsien.
    Ek is dankbaar dat Hy my Motiveerder is en my so mooi motiveer.
    Ek is dankbaar dat Hy my help om gewig te verloor.
    Ek is dankbaar dat Hy my Geneesheer is en besig is om my te genees.
    Ek is dankbaar vir familie en vriende.
    Ek is dankbaar dat ek hierdie pad nooit ooit alleen hoef te stap nie en dat Hy dit saam met my stap.

  6. Ek is dankbaar dat die Here my verhouding met 3 mense herstel het, veral met my pa.
    Ek is dankbaar vir my kind.
    Ek is dankbaar vir waar ek is in my lewe, al is dit moeilik weet ek dit bring my nader aan God.
    Ek is dankbaar dat ek enige plek, enige tyd (veral vandag) my diepste seer en my moeilikste gedagtes met die Here kan deel.

  7. Ek dank my Geliefde vir:
    Ek is dankbaar vir hierdie reënerige dag ☔ dat ek stil kan wees in Sy arms.
    Ek is dankbaar dat alles goed afgeloop het met die noodoperasie wat my niggie hierdie week gehad het.
    Ek is dankbaar vir die vrede wat Hy my gegee het toe ek finansieel deur ‘n moeilike tyd gaan, maar ek is seker dat my Geliefde dit vir my oplos.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui