BY GOD IS ALLE DINGE MOONTLIK

Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. M19:26

Ek gee God al die lof en eer, want ons Wonderlike Genesende God verdien al die lof en eer! Vandag moet ek net getuig van wat God gedoen het:

So ruk gelede het my suster my vertel van haar vriendin en dat ons asseblief vir haar saam moet staan in gebed, want nadat sy gesond geword het van borskanker, het dokters 'n gewas op haar brien ontdek. Die dokters kon dit nie uitsny nie en sy het baie sterk chemo gekry, maar dokters het nie veel hoop gehad nie. Saterdag het hulle by 'n vrouedag vir haar saam gestaan in gebed.

Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. M18:19

En vandag het haar vriendin haar laat weet dat sy heeltemal skoon van kanker is, 'n wonderwerk. Dit alles is ons Genesende God. BY GOD IS ALLE DINGE, NIE NET SOMMIGE DINGE NIE, MAAR ALLE DINGE MOONTLIK!!! God het altyd die laaste sê.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui