Kosbare bruide ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. M4:2 https://www.bible.com/af/bible/5/mal.4.2
“Die Here is regverdig in al sy dade, en getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, vir almal wat Hom in opregtheid aanroep. Hy vervul die begeertes van diè wat Hom dien, Hy hoor hulle hulpgeroep en red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar die goddeloses vernietig Hu.” Psalm 145:17-20
I remain confident of this:
I will see the goodness of the Lord
in the land of the living.
Wait for the Lord;
be strong and take heart
and wait for the Lord. Psalm 27:13-14
~~~~~~~
As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! P27:13-14
U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. Ps.32:7
https://bible.com/bible/5/psa.32.7.AFR53
“En gelukkig is sy wat geglo het dat die Here se beloftes aan haar vervul sal word. ” Lukas 1:45
JOËL 2:27 NLV
[27] Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.”
https://bible.com/bible/117/jol.2.27.NLV