🙌Belofte Woensdag🙌

"Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie." D31:6

Kosbare liefste vrou onthou hierdie belangrike feit, ons kosbare Liefling Here sal ons nooit ooit begewe of verlaat nie.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

11 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “Ek staan reg om te doen wat reg is.
    Dis nie ver nie.
    Die redding wat Ek bring, sal nie lank wegbly nie.
    Ek bring redding vir Sion, My heerlikheid na Isreal”.
    (Jesaja 46:13)

      1. Hierdie belofte is pragtig, liewe Betty. Dit is ‘n pragtige verklaring van vertroue in God.
        Baie liefde vir jou🌷

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige belofte deel kosbare Marta, ja al loop als verkeerd, sal ons in ons kosbare Liefling Here jubel.

    1. Dankie dat jy hierdie belofte deel kosbare Mila, wow, dis ‘n diep belofte, wanneer ons na ons kosbare Liefling Here luister, ek wil seker maak dat ek getrou luister!

  2. ‘Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. ‘

    Filippense 4:6-8
    https://www.bible.com/bible/3499/PHP.4.6-8

    1. Hierdie hele belofte is so pragtig, dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina, hierdie hele week nou al praat die Here met my weer om my versoeke met danksegging aan Hom te rig en dit te laat gaan.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui