🙌Belofte Woensdag🙌

"Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil." S30:5

Kosbare vrou wat 'n wonderlike belofte het ons net nie van ons kosbare Here af nie, dat AL SY BELOFTES BETROUBAAR IS. So ons kan daarop staatmaak.

Lees hoe pragtig stel die Boodskap Bybel hierdie selfde belofte: "Elke woord van die Here is waar. Jy kan daarop reken. Wie by Hom wegkruip, is veilig. Hy beskerm elkeen." S30:5

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om die beloftes wat jy heirdie deel te memoriseer en daarop te mediteer.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

7 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. Ek deel graag die twee verse wat die Here op my hart gele het die laaste twee dae:

    ‭2 KRONIEKE 15:7 AFR83‬
    [7] Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.”

    https://bible.com/bible/6/2ch.15.7.AFR83

    ‭Psalms 31:25 DB‬
    [25] Hou moed! Wees sterk! Julle wat op die Here vertrou, moet nooit moedeloos word nie.

    https://bible.com/bible/50/psa.31.25.DB

    Twee dae na mekaar wys die Here vir my, hou op moedeloos wees, wees dankbaar, “VERTROU OP MY!”

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige belofte met ons kom deel het kosbare Adina, ons kosbare Here is beslis goed.

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige belofte kom los het kosbare Marta. Wow ons kosbare Here is beslis by ons elke sekonde van die dag.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui