🙌Belofte Woensdag🙌

"Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het. S3:17-18
Hoe pragtig dat ons kosbare Here vol vreugde oor ons is en oor ons jubel en juig. Kosbare vrou as jy dalk treur, onthou Hy maak jou bemekaar. Lees hoe pragtig stel die Boodskap Bybel daardie vers: "Die Here sê dat Hy al die rampe sal wegvat wat vir hulle swaarkry en hartseer gebring het." S3:18

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui