🙌Belofte Woensdag-Vrede🙌

"“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie." J14:27

Kosbare vrou onthou dis net my ons Liefling Here wat ons die vrede, wat alle verstand te bowe gaan, kan gee. En ek kan beslis getuig dat die vrede wat ons kosbare Liefling Here vir ons gee, beslis nie is soos wat die wêreld ons gee nie. So kobare vrou soek jou vrede in die Here.

Ons hulp is nie net van enige iemand af nie, ons hulp kom van die HERE WAT HEMEL EN AARDE GEMAAK HET, so ons hoef nie bang te wees.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

8 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-Vrede🙌”

  1. “For You, O Lord, are good and willing to forgive,
    rich in lovingkindness to all who call on You.” Psalm 86:5
    https://www.bible.com/bible/328/psa.86.5

    “For I am sure that the sufferings of this present time are not worth comparing with the glory that is to be revealed in us.” Romans 8:18
    https://www.bible.com/bible/328/rom.8.18

    “And God is able to make all grace abound toward you, that, having all sufficiency in all things at all times, you may abound in every good work,” 2 Corinthians 9:8
    https://www.bible.com/bible/328/2co.9.8

    —————-

    ‘U, my Heer, is immers goed en vergewensgesind, en oorvloedig in troue liefde teenoor almal wat na U roep. ‘
    Psalms 86:5
    https://www.bible.com/af/bible/3499/PSA.86.5

    ‘ Ek is oortuig dat die lyding van die huidige tyd nie vergelyk kan word met die heerlikheid wat bestem is om aan ons geopenbaar te word nie. ‘
    Romeine 8:18
    https://www.bible.com/af/bible/3499/ROM.8.18

    ‘En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle altyd in elke opsig selfversorgend kan wees, en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk. ‘
    2 Korinthiërs 9:8
    https://www.bible.com/af/bible/3499/2CO.9.8

  2. “Een ding weet ek vas ek seker : Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie, nie ons vrees vir vandag of kommer oor môre nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ins ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie”
    Rom 8:38-39

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui