🙌Belofte Woensdag-Hy Doen Wat Hy Beloof🙌

"Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het." H10:23

Kosbare vrou hierdie is een van die pragtigste beloftes waaraan ons kan vashou, want ons kosbare Here is beslis getrou om te doen wat Hy beloof het.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

7 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-Hy Doen Wat Hy Beloof🙌”

  1. “Hy wat in die vlees saai, sal uit die vlees vederf maai, maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai” (Gal 6:8)

    “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here! (Ps 27:14)

    “Die wat swaarkry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagtinge nie” (Ps 34:5)

  2. ‘Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie. ‘
    Hebreërs 11:1
    https://www.bible.com/af/bible/3499/HEB.11.1

    ‘ ‘Aan My behoort die silwer en aan My behoort die goud,’ is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. ‘Die heerlikheid van hierdie huis sal groot wees, nog groter as tevore,’ sê die Here, Heerser oor alle magte. ‘En op hierdie plek sal Ek vrede gee,’ is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.” ‘
    Haggai 2:8-9
    https://www.bible.com/af/bible/3499/HAG.2.8-9

  3. “By wisdom a house is built,
    by understanding it is established;
    by knowledge the rooms are filled
    with all precious and pleasant things.” Proverbs 24:3-4
    https://www.bible.com/bible/328/pro.24.3

    “The Lord is good, a strength in the day of trouble; he knows those who take refuge in him.” Nahum 1:7
    https://www.bible.com/search/bible?query=nahum%201%3A7
    ~~~
    “Met wysheid word ’n huis gebou. Insig is nodig om dit te onderhou. Kennis is nodig om sy kamers te meubileer met allerhande kosbare en waardevolle artikels.” S24:3-4 https://www.bible.com/bible/117/PRO.24.NLV

    “Die HERE is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy beskerm elke mens wat op Hom vertrou.” N1:7 https://www.bible.com/bible/117/nam.1.7

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui