🙌Belofte Woensdag – Hy Doen Wat Hy Beloof🙌

"Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het." H10:23

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om nie net 'n belofte hier te deel nie, maar om ons kosbare Liefling Here se beloftes werklik te glo, want dis 'n feit dat ons kosbare Liefling Here getrou is en beslis sal doen wat Hy beloof het.

Lees hoe pragtig stel Boodskap Bybel hierdie vers: "Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het." H10:23

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

6 thoughts on “🙌Belofte Woensdag – Hy Doen Wat Hy Beloof🙌”

  1. ‘ Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om ‘n groot volk aan die lewe te hou. Dus, moenie bang wees nie! Ek self sal julle en julle afhanklikes van kos voorsien.” So het hy hulle getroos en mooi met hulle gepraat. ‘

    Genesis 50:20-21
    https://www.bible.com/bible/3499/GEN.50.20-21

  2. Matteus 6:33 DB
    [33] “Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!”

    https://bible.com/bible/50/mat.6.33.DB

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui