Kosbare bruide ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag 'n belofte op "Belofte Woensdag" te kom deel.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor. Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. J41:17 https://www.bible.com/af/bible/6/ISA.41.AFR83
“Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.” 2P3:9 AFR83 https://www.bible.com/af/bible/6/2PE.3.9.AFR83
Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om ONEINDIG MEER TE DOEN AS WAT ONS BID OF DINK, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. E3:20-21 https://www.bible.com/af/bible/6/EPH.3.20-21.AFR83
”n Psalm. Van Dawid. Die Here is my herder; ek ly nie gebrek nie. In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam. Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel. U dek vir my ‘n tafel voor die oë van my teenstanders. U verfris my kop met olie; my beker loop oor. Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.’ P23:1-6 https://my.bible.com/bible/3499/PSA.23.1-6
Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die Here sal vir jou wees ‘n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby. J60:20 https://bible.com/bible/5/isa.60.20.AFR53