🙌Belofte Woensdag-God Is Getrou🙌

"God is nie ’n mens nie, daarom lieg Hy nie. Hy gaan nooit terug op sy woord nie. Dink jy God belowe iets en doen dit nie? Het Hy al ooit iets gesê en nie sy woord gehou nie?" N23:19(DB)

Ek moet erken daar was 'n tyd dat ek gedink het ons kosbare Liefling Here sal nie Sy woord teenoor my hou nie, omdat ek Hom natuurlik met my eggenoot vergelyk het, maar nie een keer het Hy my ooit teleurgestel nie. So kosbare vrou jy kan met liefde op Sy woord staatmaak, ons kosbare Liefling Here is betroubaar.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

4 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-God Is Getrou🙌”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui