🙌Belofte Woensdag-Op Die Regte Tyd🙌

"Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word." H4:16

Die supertaal woordeboek se betekenis van vrymoedigheid is: Uit vrye wil en sonder om te huiwer of skaam te voel. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om sonder huiwering of enige skaamte na ons kosbare Liefling Here toe te gaan. Hy wag om ons barmhartigheid en genade te betoon en onthou kosbare vrou ons Liefling Here sal ons op die regte tyd help.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

5 thoughts on “🙌Belofte Woensdag-Op Die Regte Tyd🙌”

  1. 2 Chronicles 30:9
    “…For the Lord your God is gracious and merciful; he will not turn away his face from you, if you return to him.” https://www.bible.com/bible/328/2ch.30.9

    Ecclesiastes 3:1
    “There is an hour for everything, and a time for every thing under heaven; ”
    https://www.bible.com/bible/328/ecc.3.1

    2 Corinthians 6:2
    “for He says:
    at the time of your favor I have heard you
    and in the day of salvation I have come to your aid;
    behold, now is the time of favor, behold, now is the day of salvation. ”
    https://www.bible.com/bible/328/2co.6.2

    ———————————————————–

    ‘Want as julle terugkeer na die Here, sal julle stamgenote en seuns welwillendheid ervaar by dié wat hulle weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkeer. Die Here julle God is immers genadig en barmhartig; Hy sal nie die gesig van julle wegdraai as julle na Hom terugkeer nie.” ‘
    2 Kronieke 30:9
    https://www.bible.com/af/bible/3499/2CH.30.9

    ‘ Vir alles is daar ‘n vasgestelde tyd; daar is ‘n tyd vir elke saak onder die hemel: ‘
    Prediker 3:1
    https://www.bible.com/af/bible/3499/ECC.3.1

    ‘Want Hy sê: “Op die regte tyd het Ek na jou geluister, en op die dag van verlossing het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is die gunstige tyd, kyk, nou is die dag van verlossing! ‘
    2 Korinthiërs 6:2
    https://www.bible.com/af/bible/3499/2CO.6.2

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui