"Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom." P66:6
Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte oorvertaal uit vandag se "Strome in die Dorsland"
Hoeveel reisigers wat vandag nog deur hulle Rooi See- en Jordaanriviere van aardse beproewing gaan, sal van ewigheid af kan terugkyk, gevul met herinneringe aan God se groot goedheid, en sê: “Ons het ‘te voet deur die waters gegaan.’ En tog, selfs in hierdie donker ervarings, met golwe wat oral rondswaai, het ons gestop en gesê: ‘Kom ons verheug ons in Hom’! J.R. Macduff
Kosbare vrou kom ons verheug ons in Hom, al woed daar dalk 'n storm om ons.
Belofte Donderdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Donderdag
" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:



JESAJA 41:10 AFR53
[10] Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
https://bible.com/bible/5/isa.41.10.AFR53
‘ Hoor my klaagroep, o God, luister aandagtig na my gebed. Van die einde van die aarde roep ek na U, wanneer my moed my begewe. Lei my na ‘n rots wat vir my te hoog is; want U is vir my ‘n skuilplek, ‘n versterkte toring teen die vyand. Ek wil vir altyd in u tent vertoef, ek wil skuil onder die beskutting van u vlerke. •Sela ‘
Psalms 61:2-5
https://www.bible.com/af/bible/3499/PSA.61.2-5
“Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het.” R4:21 https://www.bible.com/bible/6/rom.4.21
“Nogtans sal die tyd aanbreek wanneer Ek Jerusalem se wonde sal genees en dit voorspoed en ware vrede sal gee” J336
https://www.biblegateway.com/passage/?search=Jerem%C3%ADas%252033&version=NLT
“These things I have spoken to you, that in Me you may have peace. In the world you are in tribulation, but be of good cheer; I have overcome the world.” https://www.bible.com/bible/328/jhn.16.33
‘Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin. ”’
Johannes 16:33
https://www.bible.com/bible/3499/JHN.16.33