"My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie." P121:2-3
Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte oorvertaal uit "Streams in the Desert"
Ons kan seker wees dat Hy wat die lyding toelaat deurgaans met ons is. Dit mag wees dat ons Hom eers sal sien as die beproewing amper verby is, maar ons moet dit waag om te glo dat Hy nooit ons beproewing verlaat nie.
Kosbare vrou moet asseblief nie vir een oomblik dink dat die Here jou gelos het om alleen deur jou situasie te gaan nie, al jou hulp is van Hom af.
Belofte Donderdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Donderdag
" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:



‘ Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die Here jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.” ‘
Deuteronomium 31:6
https://www.bible.com/af/bible/3499/DEU.31.6
“En dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” R5:5
https://www.bible.com/bible/6/ROM.5.5.AFR83
“Maar soek eers die koningkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matt 6:33)
“Help U ons tog teen die vyand, want hulp van mense – dit is niks. Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy Self sal ons vyande vertrap” (Ps 60:11)
‘Die Here sê: ‘Doen geregtigheid, doen wat reg is, want Ek sal binnekort bevryding uitvoer; Ek sal my reddende krag wys. ‘
Jesaja 56:1
https://www.bible.com/es/bible/52/ISA.56.1