♕ Vandag se belofte: “‘Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie." Maleagi 3:10
Kosbare bruid ek hoop jy het laas week Beginsel #2 uit "Hoe om Hierdie Jaar Geseënd te Wees" gelees en dat jy reg is vir Beginsel #3. Maak asseblief seker om te joernaal, want daar kan jy jou hart teenoor ons Liefling Here uitstort, asook om kommentaar te los en te deel wat ons Liefling Here vir jou geleer het uit Beginsel #3.
Geniet hier
Beginsel #3 "Die Seën & Salwing Vloei"
As hierdie les jou hart geraak het, onthou om kommentaar te lewer onder die les, in die kommentaar afdeling.
As jy kommentaar lewer onder die les, sal al die dames wat agter jou aankom, jaar na jaar, bemoedig word deur wat jy geskryf het.
Ja liefste Janine die Here wil ons seen met als, maar ons moet begin om gehoorsaam te wees. laat my dink wanneer ons kinders ongehoorsaam is hou dit ons laat voel. So voel Hy, ons moet gehoorsaam wees en dan kan Hy ons seen.
Ja kosbare Kristy, die Here wil ons werklik seën maar verwag gehoorsaamheid van ons.
Hierdie beginsel om ons volle tiende na die Here toe te neem is so baie belangrik en ek het gesien in my eie lewe hoe lewensveranderend dit is en natuurlik om in ons kosbare Here se teenwoordigheid te sit. Om te dink ek het jaar na jaar myself probeer verander en dit net nie reggekry nie, dis net die Here wat my kan verander.
Ja om tiende te gee aan ons skatkamer waar ons gevoed word is lewensveranderend teen oor om net tiende te gee waar mens nie regtig gevoed word nie. En dit net die Here wat n mens regtig kan verander. Die Here ons Hemelse Man is wonderlik.