Aanvaar Sy Hulp

"Nee, my hulp kom van die HERE, wat hemel en aarde gemaak het. Hy laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie." P121:2-3

Erin sê in Lewensles Week 82 "Accept His Help" dat sy eers besef het dat sy 'n probleem het toe sy dit in iemand anders sien. Haar suster was siek en wou niemand se hulp aanvaar nie. Sy het toe die Here gevra om haar te lei hoe om haar suster te bedien. Sy het toe gedeel hoe sy nie 'n geskenk wou aanvaar nie, omdat die persoon aanhoudend nie reg teenoor haar opgetree nie, maar toe onthou sy Wie haar eintlik wou seën. Sy deel dan later dat ons moet onthou Wie die persoon na ons toe gestuur het om ons te help (maar maak asseblief seker dat jy self na die hele gesprek gaan luister).

Ek sal nooit vergeet toe my water en ligte nie betaal was nie, maar ek ook nie die geld gehad het om te betaal nie. 'n Vriendin het my gekontak en gesê sy gaan dit betaal, waarop ek toe geweier het, maar sy het aangedring. Ek het toe vir haar gesê dat ek haar dan sal terug betaal, maar nog steeds het sy geweier en so iets pragtig gesê dat ek asseblief nie haar seën moet wegvat nie, want die Here het haar gestuur om dit te doen.

Ons almal ken die storie van die persoon wat gebid het vir hulp (omdat ek die storie nie mooi onthou nie, gaan ek so iewat my eie storie opmaak). Terwyl 'n vrou besig was om te ry, moes sy noodgedwange stop omdat haar motor moeilikheid gegee het. Net daar en dan het sy die Here gevra om haar te help. Nie lank daarna nie, het iemand gestop en gevra om hulle haar kan help, waarop sy toe geantwoord het nee dankie hulp is oppad. 'n Ruk daarna het nog iemand gestop en gevra of hulle haar kan help, weer het sy gesê nee dankie hulp is oppad. Dit het donker en koud geword en sy was nie gehelp nie, omdat sy nie hulp wou aanvaar nie en gewag het dat die Here haar help, terwyl Hy allankal hulp gestuur het...

So kosbare vrou onthou altyd WIE die persoon na ons toe stuur om ons te help.

4 thoughts on “Aanvaar Sy Hulp”

  1. Dankie liefste Janie, ek self was ook altyd te “trots” om hulp te aanvaar, maar vandat my reis begin het, het my Geliefde Here my geleer om hulp te aanvaar. Aan die begin was dit sooo moeilik, maar Hy het my gewys dat Hy ander gebruik om my te help, en as ek die hulp weier, ontneem ek hul van ‘n seening. Noudat ek die seeninge van “Gee” ervaar is dit soveel makliker om ander se hulp te aanvaar.

  2. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina, ja ne dis juis wanneer mens besef daar kom ‘n seëning met gee dat mens diy aanvaar sodat mens nie ‘n ander persoon ontneem van die seëning nie.

  3. Lieve Janine, dankie dat jy hierdie les gedeel het! Hierdie les laat my dink…
    Omdat ek ook dikwels hulp verwerp, verkies ek om baie dinge self te doen eerder as met die hulp van ander. Wanneer ek hulp aangebied word en dit van die hand wys, dink ek dikwels: “Laat my dit net saam met my Hemelse Man doen en dit sal altyd regkom.”
    Deur hierdie les leer ek dat wanneer iemand hulp aanbied, dit van Hom af kom en ek kan dus hierdie hulp geniet want dit is ‘n seën wat van Hom af kom. Ek is dankbaar dat Hy my hierdie blog laat lees het, dit is iets wat ek leer op my herstelreis saam met Hom.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Hanna, ek is so dankbaar jy het hier kom lees en kommentaar lewer. Ons Liefling Here is sowaar die Beste ooit en ek is so dankbaar dat Hy so baie vir ons gee en doen en ja selfs ander gebruik om ons te seën en alles uit Sy wonderlike genadig hand kom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui