"En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom." 1J4:16
Ek wil 'n baie spesiale Liefdes Liedjie met julle deel vir die naweek. Luister daarna, sing dit vir Hom, en sluit aan by die bespreking in die kommentaar afdeling oor wat HIERDIE liedjie vir jou beteken het en wat veral tot jou hart gespreek het.
Die Liefdes Liedjies wat ons hier publiseer is nie die liedjie wat in 'n kerk gesing word nie. Ons draai van godsdiens na verhouding.
As jy 'n liefdes lied het, deel dit asseblief in "Plaas jou Lof" sodat ons, ons ook daarin kan verlustig en dit kan deel op een van ons Liefdes Lied Vrydae. Hierdie Vrydag gaan net oor hierdie liedjie.
Hierdie is so pragtige liedjie. En nooit het ek gedink dat ek 'n liefdes liedjie sal kan luister en aan ons kosbare Geliefde Here dink nie, maar ek kan nou, want Hy is die rede vir liefde, Hy is die hele betekenis van Liefde. Dis is beslis eindelose Liefde saam met ons kosbare Geliefde Here. ~Janine
Wat is liefde
'n Kraan wat aanhou loop, oe wat is liefde
As emosies dit kan koop
Om en om die lewe soms, om en om ons harte wat die beter helfte uit ons uit kry
Wat is liefde
Kom dit net een keer verby, ek wil nie uitmis dis my hart wat vir ons baklei
Om en om geluk te soek, om en om so uit die boek, dis eindelik joune(U s'n) en myne
Sal vir jou(U) baklei, sal vir jou(U) vergewe alles gee ek kies 'n lewe saam met jou(U)
En eindelose liefde
Sal die vure blis en die donder stil maak alles doen vir ons twee opstaan hier en nou
Dis eindelose liefde saam jou
Dis eindelose liefde saam jou(U)
Dis ek en jy(U) vir altyd en vir nou
Vir altyd en vir nou
Wat is liefde
'n Trein sonder 'n spoor, oe wat is liefde
As jy(U) wen en soms verloor
Om en om die lewe soms, om en om ons harte wat die beter helfde uit ons uit kry
Wat is liefde
Is dit nog 'n keur probeur, oe wat is liefde
Vergewe weer en weer
Om en om geluk te soek, om en om so uit die boek, dis eindelik joune(U s'n) en myne
Sal vir jou(U) baklei, sal vir jou(U) vergewe alles gee ek kies 'n lewe saam met jou
En eindelose liefde
Sal die vure blis en die donder stil maak alles doen vir ons twee opstaan hier en nou
Dis eindelose liefde saam jou(U)
Dis eindelose liefde saam jou(U)
Dis ek en jy(U) vir altyd en vir nou
Vir altyd en vir nou
Alles, alles, alles, alles wat ek weg kan gee is joune(U s'n), ja dis joune(U s'n)
Alles, alles, alles, alles wat die lewe bied kan ons saam wen en saam droom en saam leef
Sal vir jou(U) baklei, sal vir jou(U) vergewe alles gee ek kies 'n lewe saam met jou(U) (Saam met jou(U))
En eindelose liefde
Sal die vure blis en die donder stil maak alles doen vir ons twee opstaan hier en nou (Hier en nou)
Dis eindelose liefde saam jou(U)
Dis eindelose liefde saam jou(U)
Dis ek en jy(U) vir altyd en vir nou
Vir altyd en vir nou
Deel asseblief nou in die kommentaar afdeling watter deel van die liedjie met jou gepraat het.