Totdat Dit Oorspoel Na Elke Area Van Ons Lewens

"Vertrou op die HERE met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie." S3:5

Vandag het hierdie treffende gedeeltes in Lewensles Week 90 "Trust Training" vir my uitgestaan:

Die enigste manier om GOD te kan vertrou met die groot dinge is om te oefen om Hom te vertrou in die klein dingetjies... Maar om ten volle te vertrou, moet jy oefen om Hom te vertrou tot die punt dat dit letterlik na elke area van jou lewe oorspoel, en vir sommige van julle is dit wat jy nodig het om jou deur die res van jou herstelreis te neem.

Wat bedoel ek om Hom met klein dingetjies te vertrou? Die bykomstighede, die dag-tot-dag alledaagse besluite.

Nooit het ek dink ek moet die Here vertrou met alle daagse dinge soos wat om selfs aan te trek nie, omdat dit eenvoudig net nie by my opgekom het nie.

Net laas week het ek vir my Liefling Here gesê dat ek min klere het en dat ek nie weet wat om aan te trek nie. Deur die nag toe ek wakker word en met my Liefling geself het Hy vir my gesê wat om aan te trek vir werk (dit was 'n romp en hemp waarvan ek vergeet het). Nie net het ek baie komplimente gekry nie, 'n mens kon ook toe sien dat ek gewig begin verloor het). Ek weet hierdie was net weer 'n herinnering van Hom af, dat ek Hom kan vertrou om my te help in my daaglikse dag-tot-dag besluite (ja selfs met die klere wat ek dra). 

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om ons Liefling Here te vertrou met elke besluit, nie net jou huwelik nie, maar elke de laaste detail van jou lewe, elke bekommernis. Dalk het jou eggenoot, jou ouers of dalk jou kinders jou teleurgestel, maar ek wil hê jy moet onthou dat Hy jou nooit ooit sal teleurstel nie en dis 'n feit dat jy Hom kan vertrou.

Kosbare vrou oefen om Hom te vertrou totdat dit oorspoel na elke area van jou lewe. 

2 thoughts on “Totdat Dit Oorspoel Na Elke Area Van Ons Lewens”

  1. Dankie Janine. Dit is iets wat ek deur hierdie Reis geleer het, om Ons Geliefde te vertrou, en Hom alles te vra. Totdat ek aandete maak, en Hy my onthou, en my lei. Dit is hierdie verhouding met Hom, wat ons Hom as Ons Man laat voel, want ons ken en vertrou op Sy leiding, en alles kom altyd beter uit,

    1. Saam met Hom en Sy leiding kom alles net beter uit kosbare Liza, want elke keer as ek my eie planne maak moet ek na Hom toe hardloop en uitroep help, wat ek nog steeds soms doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui