Hy Is Ons Veilige Hawe

"Maar ek sal sing van u mag en in die oggend jubel oor u trou. Want U was my toevlug, ’n veilige skuiling in tye van nood." P59:17

Hierdie gedeelte in Lewensles Week 85 "Laat Gaan. Skep 'n Leemte" het vir my uitgestaan:

Erin het gesê omdat sy fisies moeg was, het dit haar op 'n plek gebring van iewat stukkend wees. Sy het gesê wanneer ons 'n bietjie gebreek is, 'n bietjie broos, is dit die enigste manier hoe Sy lig kan deurskyn, want dit moet deur die krake  kom. Dit is die enigste manier hoe die verlorenes dit in die duisternis kan sien. Dit word hulle baken, hulle vuurtoring, om hulle na 'n veilige hawe te bring, wat Hy is.

In al my warboel van seer het ek vertroosting in die wêreld gesoek en eerlikwaar dit het my net meer en meer stukkend laat voel. En so het ek aangegaan totdat ek te moeg was om vas te klou aan wat ek gedink het my gelukkig sou maak.

Die oomblik toe ek laat gaan het, het ek net meer en meer besef dat Hy my veilige Hawe is en vandag besef ek dis ok om broos te voel, want dan kan Sy lig deur die krake skyn, sodat dit ander se baken van hoop word.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om te laat gaan en ook te onthou dat dit ok is om broos te voel, want dan sal Sy lig deur die krake skyn. Onthou ons kosbare Liefling Here is ons veilige Hawe.

1 thought on “Hy Is Ons Veilige Hawe”

  1. dankie Janine, jy weet, ek het deesdae baie moeg gevoel, maar ons Geliefde Man is wonderlik want deur sy genade is ek versterk, dit was in hierdie proses van loslaat waar hy skyn en ek weet dat hy die goeie werk sal dit volmaak en nie net in my nie, maar in ons almal wat by hom skuil❤️

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui