"Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie." S31:25
Kosbare vrou lees hoe pragtig stel Die Boodskap Bybel hierdie vers:
"Sy is geestelik sterk en tree altyd waardig op. Vir die toekoms is sy nie bang nie." S31:25
Kosbare vrou onthou ons hoef nie bang vir die toekoms te wees nie, want ons kosbare Liefling Here hou ons toekoms in Sy hand.
Belofte Woensdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:
Johannes 14:27 DB
“Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle ’n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie.
‘My liefste antwoord my, hy sê vir my: “Staan op, my liefling, my mooiste, en kom! Want kyk, die winter het verbygegaan, die reën is verby, dit het opgeklaar. Die veld staan in die blom. Die tyd om te sing het aangebreek, die gekoer van die tortelduiwe klink op in ons land. Die vyeboom laat sy groen vye uitswel, die wingerd bot en versprei sy geur. Staan op, my liefling, my mooiste, en kom! ‘
Hooglied 2:10-13
https://www.bible.com/af/bible/3499/SNG.2.10-13
Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.
https://www.bible.com/af/bible/compare/PRO.30.5
“En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.” 1J5:14
https://www.bible.com/bible/6/1JN.5.14
2Kyk, God is my redding; Ek sal vertrou en nie vrees nie, want die HERE HERE is my sterkte en my psalm; ook hy het my tot heil geword.
3Daarom sal julle met blydskap water skep uit die fonteine van verlossing.
https://saintebible.com/kjv/isaiah/12.htm
Isaiah 12:2-3
https://saintebible.com/kjv/isaiah/12.htm
“Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God!” P42:12 https://www.bible.com/bible/6/psa.42.12