💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Ons Tye Is In Die Here Se Hand

"Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!" P31:15-16

Kosbare vrou onthou ons tye is in ons kosbare Liefling Here se hand en daarom kan ons dankbaar wees.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Ons Tye Is In Die Here Se Hand”

  1. My geliefde
    Ek dank jou uit die diepte van my hart vir hierdie pragtige oomblikke van liefde in sang
    Ek dank u vir die finansies wat u moontlik gemaak het
    Dankie vir die kalmte en vrede in my hart
    Jy is my geliefde en ek is joune…ek is lief vir jou

  2. My Liefste Here,
    Dankie dat by my kleinkind is en haar styf in U hande vashou.
    Dankie dat U dit vir haar mamma en pappa moontlik maak om na haar te kyk en lief te wees vir haar.
    Dankie dat ek haar ouma kan wees.
    Dankie toe ek U begin vra het om my te help om te laat gaan, dat U my soveel verder gevat het as wat ek in my gedagtes gehad het.
    Dankie dat U in beheer is van my reis en dat U nooit ophou om net nòg aan my te openbaar nie.

  3. Vandag wil ek my geliefde bedank:
    – Dat ek en my broers gister die geleentheid gegee het om ons oom, wat baie siek is, te sien en ons hom ‘n drukkie kon gee en saam met hom bid.
    – Vir ‘n rustige en rustige week wat ek kon hê, waar Hy my die geleentheid gegee het om Brincy te help met ‘n paar skooloefeninge.
    – Vir die pragtige pryse wat Hy aan Brincy gegee het deur middel van ‘n trekking in ‘n winkel in die stad, en sy kon iets wen wat sy so graag wou hê.
    – Omdat ek ook laserhaarverwydering gekry het wat ek al ‘n rukkie wou doen …
    Dankie my Geliefde, U is alles wat ek wil hê, nodig het en dit is vir U wat ek lewe! 🌷💕

  4. Ek is dankbaar dat my lewe en my kinders se lewens in die Here se hande is.
    Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe en dat ek op Hom kan vertrou.
    My kar is baie oud, maar ek is dankbaar dat ek ‘n kar het en ek is dankbaar dat ek die Here kan vertrou om vir my ‘n kar te voorsien wanneer Hy dink ek ‘n nuwe een nodig het.
    Ek is dankbaar dat my toekoms en selfs my verlede in die Here se hande is.
    Ek is dankbaar dat die Here net beter weet wat ek nodig het en wat ek nie nodig het nie, want baie keer dink ek, ek weet, maar doen nie eintlik nie.

  5. Ek is dankbaar dat my geliefde my geseën het met my pragtige kinders.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening en beskerming.
    Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en gesondheid.
    Ek is dankbaar vir Sy liefde en dat Hy altyd by my is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui