"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie." S3:5
Erin sê in die Wees Aangemoedig Video van Kursus 2, Dag 6 dat die Here jou man se hart sal draai en dat jy nie die een is wat dit gaan doen nie.
Ek het gedink ek sal my eggenoot se hart kan draai en as ek nou terugdink is dit eintlik so selfvoldaan. En nee natuurlik kon ek dit nie regkry nie, my eie plannetjies het elke keer in my eie gesig ontplof en deur my eie plannetjies te maak het ek baie keer dinge net erger gemaak.
Erin sê ook dat as die egskeiding deurgaan hoef jy uitmekaar te val nie en dat jy net styf aan die Here moet vashou. Toe my egskeiding deurgegaan het, het ek omtrent uitmekaar geval en dis eintlik so hartseer waardeur ek my seun gesit het deur so uitmekaar te val, maar ek is ongelooflik dankbaar vir ons Liefling Here se genade wat alles ten goede omgedraai het, want dis werklik net deur Sy genade.
Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief styf aan die Here vas te hou en beslis nie jou eie plannetjies te maak nie - ons kosbare Liefling Here sal die regte ding op die regte tyd doen en Hy sal die Een was wat jou eggenoot se hart sal draai. Ek wil jou ook aanmoedig om asseblief na hierdie videos te gaan kyk, want dit gaan jou ongelooflik baie help in jou herstelreis.
"DIE koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil." S21:1
Dankie Janine, ek het ook so baie dinge uit die vlees gedoen om my voormalige man se hart te probeer draai, maar dit het dinge net erger as beter gemaak want hul kan dwardeur ons vleeslike pogings sien. Net ons Geliefde Here kan harte draai, ons moet net laat gaan en op ons verhouding met ons Geliefde Here fokus.
Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina, jys reg, ons moet net op ons verhouding met ons kosbare Liefling Here fokus.
Ag, Janine, ek is ook iemand wat alles gedoen het wat ek kon om my eksman se hart te laat draai. Ek het selfs sy familie en vriend ingeroep om met hom te praat. Toe ek hierdie video ‘n rukkie gelede gekyk het, het my hart gebreek, want Hy het skielik vir my gewys wat ek doen. Ek wou my eksman se hart verander, want ek wou hom terughê, wat ‘n dwaas was ek nie. Hy is die enigste een wat harte kan verander en dit op Sy tyd en Sy manier sal doen. Dit het my soveel vrede gegee dat Hy alleen harte kan verander. Nou kan ek die lewe saam met Hom as My Hemelse Man geniet, en fokus op my verhouding met Hom.
Dankie dat jy met ons deel kosbare Hanna en ja is dit nie wonderlik hoe Hy ons dan die vrede gee as ons dit aan Hom oorlaat nie.
Baie dankie Liefste Janine. Ek het ook die les op die harde manier geleer.
Nièmand kan jou eggenoot se hart draai behalwe ons Here nie.
Maar Hy moes mý hart eers draai want ek wou in beheer wees en alles self doen en ek het besef ek kon nie.
Buiten dat ek dit nie kàn doen nie, is dis so bevrydend om te weet dat ek dit nie hòef te doen nie.
Dankie dat jy met ons deel kosbare Betty en ja dis is so bevrydend dat ons dit nie hoef te doen nie, want sjoe dit was so uitputtend om te probeer.
Ag Janine, ek het ook soveel dwase dinge gedoen, in my eie verstaan, en gedink dat ek die hart van my aardse eksman bereik. Die laaste keer wat dit gebeur het, was toe hy gesê het hy kom huis toe, en vandag is ek seker ek het nie opgetree soos my Geliefde wou hê ek moet doen nie. Maar nou het ek geleer dat ek eers na my Hemelse Man moet gaan, en Hom elke situasie moet laat lei.
Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Marta, is dit nie wonder hoe Hy ons lei om alles eers na Hom toe te vat sodat Hy ons lei.