Ons Almal Kry Met Mense Te Doen Wat Ons Nie Verstaan Nie…

"En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel." M10:30

Ons almal ken iemand wat ons glad nie verstaan nie, hetsy dit in ons werkplek of familie is.

Toe ek na die Engelse Lewensles Week 81 "Seeing Shadows" luister het hierdie gedeelte waaroor Erin gepraat het vir my uitgestaan:

"Die enigste manier om iemand te verstaan, is om hulle te ken en hul verlede te ken, maar dit is nie 'n kwessie van om die persoon te vra of met hulle te praat nie, neem dit regtig na jou Man wat daardie ander persoon deur en deur weet, alles weet, meer as wat hulle van hulself weet en Hy sal vir jou sê net wat jy moet weet om te verstaan ​​en om empatie en begrip, vriendelikheid en liefde vir daardie persoon te hê."

Ek weet ek werk saam met iemand, wat ek voel net uit is om my seer te maak, maar ek besef nou net meer dis juis daardie persoon wat ek na die Here toe moet neem.

So kosbare vrou kom ons maak 'n punt om juis daardie mense wat ons nie verstaan nie, na ons kosbare Liefling Here toe te neem. Onthou as elke de laaste haar op ons koppe getel is ken die Here beslis elkeen van ons. En ja Hy ken beslis ook die mense wat ons dalk nie verstaan nie en let wel Hy verstaan hulle, so kom ons vra Hom om ons juis 'n hart vir hulle te gee.

"God gee natuurlik duisend maal meer vir julle om. Van kop tot tone is julle vir Hom belangrik." M10:30(DB)

2 thoughts on “Ons Almal Kry Met Mense Te Doen Wat Ons Nie Verstaan Nie…”

  1. Baie dankie vir hierdie les. Daar is ‘n persoon wat saam my werk wat ek voel net uit is om enige iemand wat oor haar pad kom te verwoes met haar mond.
    Ek het na God gegaan met die situasie want ek het bitterheid teenoor haar begin voel en dit het my begin beinvloed.
    En hier gee my Liefste Here vir my die antwoord waarna ek gesoek het deur hierdie pragtige gedeelte wat jy met ons gedeel het Liefste Janine!
    Èn ek kon die gedeelte met ‘n werkskollega deel!
    Ons dien ‘n fantastiese, getroue God!

    1. Is Hy nie net die Beste nie kosbare Betty. Ek het ook presies gevoel hoe Hy vir my ‘n antwoord gee juis ook oor my buite werk en ek Hom gevra het wat ek moet doen. Dankie dat jy dit met ons deel en dat jy dit met ‘n werkskollega gedeel het kosbare Betty.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui