"Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red." P107P:20
Lees asseblief hierdie gedeeltes oorvertaal uit Lewensles Week 79 "Weer en Weer Geklap":
Met klappe, beledigings, verwerpings – baie van hierdie dinge – beteken dit ook dat ons moet vergewe en vergeet. Onlangs het ek soveel Christene hoor sê: "Ek vergewe, maar ek sal nooit vergeet nie." Dikwels word ons gespook en geteister deur pynlike situasies te onthou, wat selfs vir jare kan voortduur. Ook hierdie kan God ten goede gebruik. Hoe? Vra Hom net sodat Hy 'n middel vir jou genesing kan voorskryf, en deel dit dan hier.
Vir so ongelooflik lank het ek die seer saam met my gedra en so ook die onvergifnis. Totdat ek in Februarie 2023 by ons Wyse Vrou Toevlug in die Kaap alleen saam met ons Liefling Here gaan sit het en Hom gevra het om my te help vergewe en net daar en dan het ek gevoel hoe Hy my help.
En ek wens ek kan sê dat onvergifnis en die seer nooit ooit weer opgeduik het nie, maar dit wil so nou en dan sy kop uitsteek, maar dan is ons kosbare Liefling Here se Woord die middel wat Hy gebruik om my te genees. Die dag wat ek voel al die seer en negatiewe gedagtes wil oorneem, help dit my ongelooflik baie om dan ekstra te mediteer op ons kosbare Liefling Here se Woord.
So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om alles vir ons Liefling Here te gee en Sy hulp te vra indien jy met iets sukkel. En onthou Sy woord is die beste middel vir genesing.
"Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is." P19:8
Liewe Janine,
Wat jy sê is waar, wanneer al die negatiewe gedagtes en seer weer op kom moet ons meer mediteer op God se woord en dit vir Hom gee eerder as om te sit en oordink.
Ek was op vakansie die naweek, en toe ek terug kom bydie huis het my hart net seer gevoel vir geen rede nie en ek het my hart uit met die Here gepraat en ek voel soveel beter elke dag is die Here besig o my hart te genees en dit is vir my so lekker om enige plek en enige tyd stil te word en met God my gedagtes en gevoelings deel.
Dis so lekker om ‘n kommentaar van jou hier te sien kosbare Mila. Ek is so dankbaar dat jy jou hart met ons Liefling Here gaan uitpraat het en ons Liefling Here is beslis die Geneesheer van ons harte.
Dankie Janine, ek het lank met “flashbacks” gesukkel, maar my Geliefde Here het my gelei om elkeen vir Hom te gee soos dit opkom, en Hy het elke herrinering genees, nou as ek flashback kry is daar nie meer emosies aangeheg nie. Hier en daar is daar nog ‘n nuwe “flashback” maar gelukkig het my Geliefde my geleer wat om daarmee te doen.
Ek weet presies wat jy bedoel kosbare Adina, vorige “flashbacks” was met baie emosie gekoppel en ja wanneer ons kosbare Here ons genees, verander dit alles, want nou as ek dit ook kry is daar nie meer emosie aan gekoppel nie.