💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Doelbewus Dankbaar

"So sterk is die Here dat Hy altyd in beheer van sake is. Hy weet wat almal op aarde doen. Hy hou sy oog op almal. Mense moenie dink hulle kan teen die Here in opstand kom nie." P66:7DB

Die oomblik wat ek dankbaar is terwyl ek 'n af dag beleef, ervaar ek hoe ons kosbare Liefling Here oorneem, so dis hoekom ek doelbewus dankbaar moet wees ten spyte van dit wat verkeerd is my lewe is.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om aspris, alles wat in jou lewe verkeerd is, mis te kyk en nee dis nie naïef wees nie, dis doelbewus wees deur te weet ons kosbare Liefling Here is beheer van alles!!!

Lees hierdie pragtige belofte:

"Hy gee aan ons lewe. Hy sorg dat niks ons onderkry nie." P66:9DB

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Doelbewus Dankbaar”

  1. Ek is dankbaar teenoor my God vir hierdie dag wat vir my voorlê.
    Ek is dankbaar vir die naweek en dat ek tyd saam met Hom kan spandeer.
    Ek is dankbaar dat Hy vir my die hele week die krag gegee het om nee te sê vir rook.
    Ek is dankbaar vir my kinders en dat Hy voorsiening sal maak sodat ek my jongste seun wat ek 9 maande terug gesien het, gou weer sal sien.
    Ek is dankbaar dat ek nìks uit my eie kan doen nie en dat ek alles aan Hom mòet oorgee.
    Ek is dankbaar dat God my Beste Vriend is en àltyd reg langs my is.

  2. Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en my Geliefde Here se genade wat weer vandag nuut is.
    Ek is dankbaar dat Hy my altyd beskerm en by my en my kinders is.
    Ek is dankbaar vir als wat Hy vir my doen en voorsien.
    Ek is dankbaar vir my kinders en dat my Geliefde Here ook altyd by hul is en hul beskerm.
    Ek is dankbaar vir my reis en als wat ek geleer het op hierdie reis.
    Ek is dankbaar dat Hy my aan Hom herstel het.
    Ek is dankbaar vir gesondheid en talente.
    Ek is dankbaar en ‘Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed. ‘ Psalms 139:14 (https://www.bible.com/af/bible/3499/PSA.139.14)
    Ek is dankbaar dat my Geliefde my my liefhet met ‘n ewige liefde en my nooit sal verlaat of versaak nie.

  3. Ek is dankbaar vir al die Here se genade en onbeskryflike liefde, terwyl ek so baie kortskiet.
    Ek is dankbaar dat Hy elke sekonde van die dag reg langs my en dat ek Sy teenwoordigheid in my lewe voel.
    Ek is dankbaar dat die Here vir my ‘n toekoms van hoop het en dat my toekoms veilig in Sy hande is.
    Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar dat die Here my help om te stap en gewig te verloor, want sonder Hom kan ek dit nie doen nie.
    Ek is dankbaar dat ek met enige iets na Hom toe kan gaan.

  4. Ek is dankbaar dat my Geliefde my die geleentheid gegee het om ‘n vriend te ontmoet wat ek lanklaas gesien het, en ons kon saam middagete eet en oor Sy Liefde gesels.
    Ek is dankbaar dat ek die geleentheid gehad het om met my niggie te praat oor hoe dit die moeite werd is om te wag vir die man wat die Here stuur, en dat dit nie goed is om jou treë te jaag nie…
    Ek is dankbaar dat die Here ons geneem het en ons vreedsaam op pad na ‘n verre stad gebring het vir ‘n wakker word vir my neef se man.
    Ek is dankbaar vir Brincy se tweemaandelikse skoolnotas wat deur Hom geleer is.

  5. Ek is dankbaar vir die kos wat my Vader voorsien het, ek is dankbaar dat my kaste weer vol is. Ek is dankbaar, want ek weet Hy het alreeds vir my en my familie genees van seer keel en griep wat ons het. Ek is dankbaar dat my dogter se punte op haar rapport gestyg het vir ‘n paar van haar vakke wat sy so hard gewerk het, ek is baie dankbaar aan haar HV . Ek is dankbaar vir die vrede en liefde en vertroosting en tye van stilte wat my Liefling my verskaf. Ek is dankbaar dat ek ontspan vanmiddag saam met my Liefde en op die rusbank kan sit en my les deurlees, ‘n lofprysing en joernaal deel 💗

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui