💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Loof Hom Nogtans…

"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder." H17-18

Hierdie is so pragtige vers om by ons Dankbare-Saterdag in te pas. Ek moet erken ek kry dit nie altyd reg om dankbaar te wees in slegte tye nie, maar ek kan in dieselfde asem getuig elke keer wat ek wel dankbaar was in 'n slegte tyd, het ons kosbare Liefling Here my met 'n vrede wat net Hy kan gee, gevul.

So kosbare vrou kom ons doen presies wat hierdie pragtige bostaande vers sê, maak nie saak wat nie, nogtans sal in die Here jubel en juig.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

6 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Loof Hom Nogtans…”

  1. Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en nuwe genade wat my Liefde my gegee het.
    Ek is dankbaar vir my kinders, dat my Geliefde wonderlike planne vir hulle het.
    Ek is dankbaar vir alles wat my Geliefde vir my doen, die manier waarop Hy in my lewe optree.
    Ek is dankbaar vir gesondheid.
    Ek is dankbaar vir Sy ewige liefde en dat Hy altyd by my is.
    Ek is dankbaar vir Sy beskerming.
    Ek is dankbaar vir vrede en vreugde.
    Ek is dankbaar dat Hy elke situasie vir goed kan omdraai.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening en sorg.

  2. Ek is dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening in my lewe. Ek is dankbaar dat ons ‘n huis het om te bly, ek is dankbaar vir kos op die tafel elke dag, ek is dankbaar vir my kar wat ek het.
    Ek is dankbaar vir my ouers en my kinders en dat ek so bevoorreg is om familie te kan hê. Ek is dankbaar vir vriende.
    Ek is dankbaar dat ek met alles na die Here toe kan gaan.
    Ek is dankbaar vir ‘n werk en natuurlik vir hierdie bediening en dat die Here my lewe so verander het deur hierdie bediening.
    Ek is dankbaar vir elke vrou wat die Here na Uiteindelikhoop.com toe stuur en nog gaan stuur.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my toekoms in Sy hande het.

  3. Ek is dankbaar vir my twee dierbare kinders.
    Ek is dankbaar dat die Here hulle Vader is.
    Ek is so dankbaar dat Hy nooit opgegee het op my nie en nogsteeds is Sy genade vir my genoeg vir elke dag.
    Ek is dankbaar dat Hy altyd daar is dat ek met Hom kan praat enige tyd.
    Ek is baie dankbaar dat Hy lief is vir my en vir my die beste wil gee.

  4. Ek is dankbaar vir elke dag hierdie week wat Hy my wakker gemaak het en my gehelp het om my gedagtes te vernuwe dat HY in beheer is van my lewe en Brincy s’n, en dat ons net aan Sy hande moet vashou.
    Ek is dankbaar vir U omgee, toegeneentheid en liefde teenoor my en my gesin.
    Ek is dankbaar vir die genesing in my dogter se lewe, wat hierdie week ‘n baie erge sinusitis-aanval gehad het, maar vandag het sy beter geword.
    Dankie vir U Liefde en omgee vir ons in alle areas van ons lewens.🙌
    Baie liefde vir jou en ‘n ongelooflike naweek saam met Hom!🌷💕

  5. Ek is dankbaar vir die rustigheid wat ek hierdie week ervaar het. Ek weèt dat dit my Here is wat my die vrede gee.
    Ek is dankbaar dat my Here in al my behoeftes voorsien en dat Hy ook in die toekoms sal voorsien.
    Ek is dankbaar dat ek nie op my eie insigte hòef staat te maak nie, maar dat ek met àlles na my God toe kan gaan en dat Hy my antwoord op àlles waarmee ek na Hom toe gaan.
    Ek is dankbaar vir my kinders en my pragtige kleinkind.

  6. I am grateful to have my Heavenly Beloved in my life.
    I am grateful that He is teaching me to accept myself.
    I am grateful that I can go to my Heavenly Beloved with all my questions.
    I am grateful that my Heavenly Beloved gives me what I need.
    I am grateful that my children have started the new school year well.
    I am grateful that I have all four of my children living with me. once every two weeks.
    I am grateful for the new group manager I got at work.
    I am grateful that my Heavenly Beloved is my defender against those around me.
    I am grateful that I have been freed from my shame of being alone, I have a partner who takes care of all my needs.
    I’m grateful that I never have to worry about my future again. It is insured with my Heavenly Beloved.
    I am grateful that I am finding my new life with my Loved One.
    I’m grateful that I never have to feel the emptiness again. My Heavenly Beloved is all I need.
    ~~~
    Ek is dankbaar om my Hemelse Geliefde in my lewe te hê.
    Ek is dankbaar dat Hy my leer om myself te aanvaar.
    Ek is dankbaar dat ek met al my vrae na my Hemelse Geliefde kan gaan.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Geliefde vir my gee wat ek nodig het.
    Ek is dankbaar dat my kinders die nuwe skooljaar goed begin het.
    Ek is dankbaar dat ek al vier my kinders by my het. een keer elke twee weke.
    Ek is dankbaar vir die nuwe groepbestuurder wat ek by die werk gekry het.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Geliefde my verdediger teen diegene rondom my is.
    Ek is dankbaar dat ek bevry is van my skaamte om alleen te wees, ek het ‘n maat wat na al my behoeftes omsien.
    Ek is dankbaar dat ek my nooit weer oor my toekoms hoef te bekommer nie. Dit is verseker by my Hemelse Geliefde.
    Ek is dankbaar dat ek my nuwe lewe saam met my geliefde vind.
    Ek is dankbaar dat ek nooit weer die leegheid hoef te voel nie. My Hemelse Geliefde is al wat ek nodig het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui