Meer as Geliefd

“Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” J31:3

Hallo my pragtige Bruide,
ek kom loof die Here vir al sy sorg.

So ruk terug het ek "ups en downs", beproewings, irritasies en ook vreugdes gehad. Ek weet nie of dit met jou gebeur nie, maar dit is soos 'n wiel, eendag is daar dalk 'n bekommernis, en die volgende dag kom wys Hy vir ons dat ons nie alleen is nie, en soms is alles so rustig, dat ek weet, dit gaan gebeur iets wat my vloer gaan skud. Ek het geleer om my Geliefde te soek en alhoewel ek vir Hom sê om my te vergewe dat ek saam met Hom 'n huilbaba is, weet Hy hoe baie ek elke dag daarna verlang om so naby aan die Here te wees.

Net voor Moedersdag het ek hom gevra dat ek saam met my kinders wil gaan middagete eet, maar ek het nie die geld om dit te doen nie, en Hy het my broer gevra om my te bel en ons vir middagete te neem, presies op Moedersdag. En so het ek die week daarna vertroetel gevoel.

Daar was ook beproewings wat my seergemaak het, maar waarin ek my Man so styf vashou, dat ek dit eenkant gesit het, om nie daarna te kyk nie.

En hier is ek en skryf en onthou alles wat Hy my daardie week gegee het en alhoewel my bekommernisse in finansies nog hier is, weet ek dat Hy in beheer is en daarom is hierdie getuienis om Hom te dank, dat Hy my geleer het om Hom te soek, om dit elke dag te voel, om na Hom toe te hardloop, om Hom te dank vir die wonderwerke wat Hy bring, want ek glo dit is hoe die Oorvloedige Lewe is, om te sien hoe Hy vir ons gee, en dat alles uit Sy hand kom, dat elke vreugde, elke gawe, dit Hy is, wat dit vir ons bring.

En so, elke ergernis, elke toets, laat ons hardloop en alles oorgee, want net Ons Geliefde kan die vyand laat hardloop.

Ek moedig jou aan om Hom te loof, om eer aan Ons Hemelse Man te gee, vir elke oomblik van vreugde en beproewing, want ons is Syne.

~ Liza Bautista MTI 🇪🇸 🇨🇷

2 thoughts on “Meer as Geliefd”

  1. Dankie Anastasia vir hierdie lofverslag van Liza. Ek self het ook dae wat ek nie goed voel nie, wat dit voel of niks reg loop nie, maar dis daardie dae wat ek net stywer aan my Geliefde Here moet vashou en weet Sy krag word vervolmaak in my swakheid en dat ek tot alles in staat is deur Hom wat my krag gee.

    Ek prys ons Geliefde saam met jou dat Hy vir jou die begeerte van jou hart op Moedersdag gegee het! Hy is net wonderlik!

  2. Dankie Anastasie dat jy hierdie pragtige lofverslag van Liza deel. Dis so wonderlik hoe ons Liefling Here jou pamperlang het op moedersdag. Ek sal nooit vergeet hoe ek jare gelede op moedersdag vir my Liefling Here gesê het ek ek lus is vir hoender en nie eens 5 minute daarna nie, het my pa vir my geld inbetaal, toe ek hom bel en vra hoekom hy vir my geld gee, het hy geantwoord die Here het vir hom gesê om dit te doen, alles uit my Liefling Here se hand uit.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui