My Dogter, Sy Kind

"Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die HERE Hom oor hulle wat Hom dien." P103:13

Ek het al baie keer gepraat oor my dogter se verhouding met haar Hemelse Vader en so graag soos wat ek wil hê my kind moet 'n goeie verhouding met haar pa hê, dink ek tog dat die leemte wat sy het, nou deur Hom gevul word en ek is baie jammer dat my kinders moes grootword in sulke moeilike omstandighede wat glad nie hulle foute was nie, maar tog sien ek die vrugte van hulle verhouding met hulle Hemelse Vader.

My dogter het laasnaweek die geleentheid gehad om na 'n kinderhuis te gaan met meeste babas wat opgegee is en sy het gehelp om die babas te voer en aan te trek en saam met hulle te speel.

Hulle het haar gewys dat daar 'n plekkie in die muur is waar mammas wat vir watter rede ook al nie hulle babas kan groot maak nie, hulle kinders kan kom los en sodra hulle die deurtjie toemaak, gaan daar 'n alarm in die huis af om hulle te laat weet daar is 'n baba.

Hulle het ook vir die kinders 'n paar stories van die babas vertel en ook 'n paar suksesverhale want kindertjies wat aangeneem is en 'n huis gekry het.

Al die dingetjies het my dogter se hart so geraak en dadelik het sy begin wonder hoe sy kan help en toe ons bietjie gesels het die gesprek by aborsie uitgekom en my dogter het die statistieke gesien en haar eerste vraag was: "Hoekom doen niemand iets nie?" Ek het haar verduidelik dat daar baie mense is wat iets doen, maar dat die wêreld altyd nog iemand kort om op te staan vir ons babas en kinders.

Dit het haar laat dink en op die stadium praat sy met haar Vader oor haar toekoms en wat sy kan doen om te help. Wow, selfs terwyl ek die prys skryf is daar trane in my oë oor hoe my Liefling Here Sy dogter nou al lei.

Mag ek ook net erken dat ek spyt is dat ek Hom nie vroeër leer ken het nie. Dat ek myself doof gehou het elke keer as Hy my geroep. Ek glo Hy gaan dit ook vir goed gebruik.

4 thoughts on “My Dogter, Sy Kind”

  1. Dankie Yvonne, dis so bemoedigend want ek self sukkel ook partykeer met skuldgevoelens oor my kinders nie in ‘n normale familie kan grootword nie en oor als wat gebeur het.

    Maar dan herinner Hy my dat Hy hul dubbel kan vergoed en dat hul nie “statistieke” van hul omstandighede hoef te word nie, want as hul Hemelse Vader kan Hy al hul seer genees en dit vir hul ten goede uitwerk.

    Dis so wonderlik om te hoor hoe Hy in jou dogter se lewe werk.

    1. Adina, ek sal in my lewe nooit vergeet toe ek op skool was, was daar nie baie ouers wat geskei was nie. Ek was die uitsondering in nie die reël nie. My huishoudkunde juffrou, sonder om regtig te besef wat haar woorde aan ‘n jong meisie kan doen het gesê: “Alle kinders wat in gebroke huise grootword is wanaangepas en gebreek” Sy het natuurlik seker nie geweet dat my ouers geskei is nie, maar haar woorde het my bygebly en ek het altyd gedink dat ek die probleem is. Nou weet ek dat ons Liefling Here ons liefhet met krake en al en ons gebruik omdat ons gewillig is, nie omdat ons groot geword het in die perfekte omstandighede nie.

  2. Dankie vir hierdie pragtige getuienis kosbare Yvonne, wow dit is baie besonders dat jou dogter op so jong ouderdom vir haar Hemelse Vader vra hoe sy ‘n verskil kan maak. Dis so kosbaar dat dit jou kind geraak het, want ek was al saam met my buite werk na so plek toe en dit het my ook so geraak. Ek sal nooit die babadogtertjie wat ek vasgehou het se gesiggie vergeet nie. Ek moet erken ek onthou daar was ‘n stadium wat ek daardie ma’s geoordeel het, maar vandag weet ek, hulle sien geen hoop op hulle kind self groot te maak nie en sien juis hoop vir hulle kind om hulle kind daar te los.

    Ek glo met my hele hart dat ons Liefling Here dit vir goed sal gebruik. Ek self is so spyt ek het weggedraai van die Here op ‘n jong ouderdom, maar ek glo ook die Here sal dit beslis vir goed gebruik.

    1. Dit is so waar Janine. Ons kan nooit enige van daai ouers oordeel nie. Daar was ‘n tyd wat ek hulle ook geoordeel het. Hahahaha, daar was ‘n tyd wat ek geskeide mense geoordeel het. Natuurlik weet ek die Here se genade is genoeg vir my en vir elkeen vir die mensies wat deur moeilikheid gaan.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui