Ek Was Vir Te Lank Leeg

"Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" R15:13

Met die lees van Lewensles Week 74 "Tafel Vir Een" het ek net weereens besef ons is nie alleen nie en ons hoef nooit ooit alleen te voel nie. Die Here is elke treë saam met ons.

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte oorvertaal uit die Lewensles:

Dit is 'n totale gee omdat ons so vol is dat ons alles het. Daar is niks wat ons nie het nie en daarom kan ons alles gee. Ons kan gee en ons sal niks nodig hê wat teruggegee word nie. Trouens—ons is tot oorlopens toe vol. Dit is asof jy hierdie groot maaltyd gehad het en iemand sê "laat ek jou net nog 'n maaltyd gee." Ek het nie nog 'n maaltyd nodig nie. Ek is vol, ek loop oor. Dis hoe Sy liefde is. Dit is liefde net so vol en oorlopend dat jy niks anders nodig het nie, niemand anders nie en al wat jy wil kan doen is om Sy liefde en Sy gee en Sy omgee op almal anders uit te stort. 

Jare gelede toe my eggenoot my die eerste keer gelos het, het ek so ongelooflik leeg gevoel. En ek het vir hopeloos te lank so gevoel, omdat ek gedink dat net hy my weer vol kon maak. Ek was heeltemal verkeerd want dis net ons kosbare Liefling Here wat my werklik vervuld kon laat voel.

Ek persoonlik dink ook my huwelik sou anders gewees het, as ek na die Here gekyk het om my vol te maak en nie na 'n aardse man nie, want as ons vol is van die Here se liefde en dit spoel oor gaan ons niks terug verwag nie. Ek besef vandag omdat ek so leeg was en hy so leeg was, het ons na mekaar gekyk om daardie leegheid te vervul en mekaar in die proses baie seer gemaak, in plaas van net na ons Liefling Here te kyk om ons te vervul.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om na ons Liefling Here te kyk om jou vol te maak. Moenie na jou eggenoot, jou kinders of selfs 'n baas kyk en van hulle verwag om dit te doen nie, hulle het dit nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui