💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Loof Hom

"Ek sal te alle tye die HERE loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees." P34:2

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

Vir ons lof om die volmaaktheid te bereik wat God vir ons wil hê, moet dit vry wees van enige gedagtes van beloning. Lofprysing is nie 'n ander manier van onderhandel met die Here nie. Ons sê nie, "Nou het ons U geprys in die middel van hierdie gemors, so kry ons daaruit nie!"

So week gelede het ek net moedeloos by die Here se voete gehuil toe Hy my gelei het om dankbaar te wees in alle omstandighede en Hom te loof. Ek moet erken eers het ek gedink maar ek voel glad nie eens lus om dit te doen nie, maar die oomblik toe ek dit begin doen, het Sy vrede oor my gespoel. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om ons Liefling Here in alles omstandighede te loof en ook dankbaar te wees in alle omstandighede.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

4 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Loof Hom”

  1. Ek is dankbaar dat die Here die seer omdraai in iets goeds en dat Hy dit elke keer doen.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my rede gee om te lag.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here reg langs my is en saam met my die pad staam en alreeds in my toekoms is.
    Ek is dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening in my lewe en dat ek die toekoms nie hoef te vrees nie.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my altyd bemoedig.
    Ek is dankbaar vir my gesin en dat die Here my seuns se Hemelse Vader is en dat Hy hulle nader en nader aan Hom trek.

  2. Ek is dankbaar dat maak nie saak waardeur ons gaan nie, ons Liefling Here is met ons.
    Ek is dankbaar vir my kinders. As ek terugdink en dink dat ek nie kinders wou gehad het, is ek so dankbaar dat my Liefste Here van beter geweet het.
    Ek is vanoggend baie dankbaar dat toe ek Hom nie geken het nie, het Hy nogsteeds my lewe in die rigting gestuur het waar ek Hom kon ontmoet.
    Ek is dankbaar vir gesondheid, ek dink mens besef eers hoe bevoorreg ons is om gesond te wees nie.

  3. Ek is dankbaar dat my Geliefde Here vir my ‘n pragtige nuwe dag gegee het.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening.
    Ek is dankbaar vir my kinders en my gesin.
    Ek is dankbaar dat ek en my kinders gesond is.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde Here ons altyd by my is en dat Hy my nooit sal verlaat of verlaat nie.
    Ek is dankbaar vir Sy wonderlike genade wat elke dag nuut is.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n huis het om in te woon en kos om te eet.
    Ek is dankbaar vir Sy leiding.
    Ek is dankbaar dat Hy alles wat ons deurmaak ten goede gebruik.
    Ek is dankbaar dat Hy my Beste Vriend is en ek kan altyd na Hom toe hardloop en my hart vir Hom uitstort.
    Ek is dankbaar vir die planne wat Hy vir die kinders en my het.

  4. Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir nog ‘n week aan Sy Sy.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde my gehelp het om my mond te beheer toe ek in die middel van ‘n groep was wat wou bespreek en ek kon onttrek om nie te veel te sê nie.
    Ek is dankbaar vir U rigting in wat om hierdie week vir my dogter te sê oor haar twyfel oor wat om te doen oor haar klasmaats wat by die skool wou petisie doen weens ‘n gebeurtenis wat daar plaasgevind het, en ek kon haar vertel van die gees van rebellie, en dit behaag die Here nie.
    Ek is weereens dankbaar vir die sekerheid wat ek het dat Hy op pad is na die verkoop van ons huis.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui