Is Jy Marta of Maria?

"Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”  L10:39-40

In vanoggend se My Beminde Oggendtoewyding word gevra is jy Marta of Maria? Is jy besig om die dinge vir die Here te doen, besig om die dinge te doen om jou huidige situasie te herstel, maar het misluk om by die Redder se voete te sit? Het jy die beste ding nagelaat?

Vir so lank het ek my eie situasie probeer herstel. Ek moet erken daar was baie tye wat ek by ons kosbare Liefling Here se voete was, maar in dieselfde asem was ek ook besig met 'n geskarrel om my huwelik te probeer red. Ek het so baie keer dinge in my eie hande geneem, in plaas van om daardie kosbare tyd net op ons Liefing Here te spandeer.

"Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” L10:41-42

Ek is ewe skielik herinner aan die kinderliedjie wat so baie van ons ken: Marta Marta waarom skarrel jy so? So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om 'n Maria te wees en genoeg kosbare tyd by ons Liefling Here se voete te spandeer en al jou bekommernisse by Hom te los. Onthou hierdie belangrike feit: Hy weet presies wat om daarmee te maak, so vertrou ons Liefling Here!

4 thoughts on “Is Jy Marta of Maria?”

  1. Dankie Janine. Hoe maklik kan mens tog nie vergeet om nie te probeer doen nie, maar eerder net by ons Geliefde se voete te sit en net Sy liefde en vrede te ervaar.

    1. Ja kosbare Adina, mens raak so besig in die gedoen in plaas van om net by ons Liefling Here se voete te sit en Sy vrede te ervaar, wat al verstand te bowe gaan.

  2. Dankie Janine, ek stem saam met Adina, mens vergeet somtyds so maklik om net rustig te raak by Hom. Die ergste van alles is as jy net rustig raak by Hom dan val jou hele dag so mooi in plek.

    1. Ek stem heeltemal saam kosbare Yvonne, die oomblik wat ons net rustig raak by ons kosbare Liefling Here dan val alles in plek. Ek het self gesien as dit so onstuimig binne by voel en ek raak net rustig by Hom, voel dit glad nie meer so onstuimig nie, dis net Hy wat ‘n rustigheid oor my kan bring.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui