💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Onthou Altyd Danksegging

"Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God." F4:6

Kosbare liefste vrou terwyl jy jou begeertes aan ons kosbare Liefling Here rig met gebed en smeking, moenie die danksegging vergeet nie.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

3 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Onthou Altyd Danksegging”

  1. Ek is dankbaar vir my ouers en dat ek so mooi verhouding met my ouers het.
    Ek is dankbaar vir my seuns en dat ek so mooi verhouding met hulle het.
    Ek is dankbaar dat my oudste seun so goeie vrou gekry het.
    Ek is dankbaar dat selfs my jongste seun ‘n goeie vrou gaan kry want ek weet die Here se planne vir hom is planne van voorspoed.
    Ek is dankbaar vir al die Here se voorsiening aan my en my familie en dat Hy vir ons planne van voorspoed het.
    Ek is dankbaar dat ek nie die toekoms hoef te vrees nie en ek is dankbaar dat die Here se wil vir my ongelooflike goeie planne in sluit.
    Ek is dankbaar dat ek hierdie pad saam met my Liefling Here stap.

  2. Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir die skuiling, die kos, die klere en die vrede wat alle verstand te bowe gaan
    Ek is dankbaar vir U onvoorwaardelike liefde. Selfs sonder om te vra, ontvang ek Sy verhewe liefde. Vandag voel ek so geliefd, begenadig en versorg…
    Ek is dankbaar vir my Geliefde, want Hy het ongelooflike vroue in my lewe geplaas (hier by RMI), wat my hand vashou en my help om daagliks ‘n vernuwe verstand te hê.
    Ek is dankbaar dat Hy nie opgegee het op my of my familie nie! 🤩
    Dankie my Geliefde, want voor my lewe was onsekerheid, vrees en duisternis. Vandag is my lewe dankbaarheid, geloof en hoop!

  3. Ek is dankbaar dat my dogterjie vanoggend deel kon neem by die skool se atletiekdag.

    Ek is dankbaar dat ek my dag kon spandeer saam my man en ons dogterjie (al was dit kort)

    Ek is dankbaar dat ek en my man ons dogterjie kon bederf met ‘n ‘geskenk’ na atletiek omdat sy so mooi deel geneem het.

    Ek is dankbaar dat ek weet ek kan enige tyd na God toe hardloop, veral wanneer ek onseker of hartseer voel.

    Waaroor ek die heel dankbaarste is is dat ek vir God het, veral vandag!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui