🙌Belofte Woensdag – Oordink Sy Woord🙌

"Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei." J7:38

Vanoggend se My Beminde toewyding sê ons moet ons kosbare Liefling Here se Woord oordink en in Sy teenwoordigheid sit vir ons genesing. Kosbare vrou kom ons sit gereeld in Sy teenwoordigheid vir ons genesing.

Lees ook asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal en vertaal uit vandag se "Strome in die Woestyn", iets wat ons moet onthou!

Niks wat nie deel is van God se wil word toegelaat om in die lewe van iemand te kom wat Hom vertrou en gehoorsaam nie. Hierdie waarheid behoort genoeg te wees om ons lewe een van onophoudelike danksegging en vreugde te maak, want God se wil is die mees hoopvolle, aangenaamste en heerlikste ding in die wêreld. Dit is die voortdurende werking van Sy almagtige krag tot ons voordeel, met niks om dit te verhoed nie, as ons oorgee en gelowig bly.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

6 thoughts on “🙌Belofte Woensdag – Oordink Sy Woord🙌”

  1. Soos ’n fontein met vars, helder water ’n dors mens laat jubel van vreugde, so sal julle jubel oor die verlossing wat kom. Dan sal julle sing: “Loof die Here en eer sy Naam. Vertel vir die volke van alles wat Hy gedoen het. Vertel vir hulle hoe wonderlik Hy is.
    https://www.bible.com/bible/50/ISA.12.DB

  2. “Wanneer jy deue diep waters van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie” (Jes 43:2)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui