Sy Woord Genees

"Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart." J4:12 

Vanoggend se toewyding sê dat Sy Woord sal ons verander en dit is Sy Woord wat al ons seerkry sal genees.

Dit het my laat terugdink toe ek 'n verskriklikke depressie gehad het en ons kosbare Liefling my deur Sy Woord genees het. Hy het my gelei om daagliks beloftes uit Sy Woord uit te memoriseer en dit in my lewe in te spreek. Selfs toe my seun nie by my wou bly nie en gekies het om by sy pa te bly, het ons kosbare Liefling Here my gelei om Sy Woord in my lewe in te spreek en ons Liefling Here het herstel gebring, soos net Hy kan!

"Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons." IIK1:20 

Ek moet erken ek ligtelik woorde in my lewe ingespreek en vandag wil ek jou kosbare vrou wat hier lees waarsku om asseblief versigtig met jou woorde te wees. "Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." S18:21

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om versigtig met jou woorde te wees, spreek ons kosbare Liefling Here se pragtige beloftes in jou lewe in en jy sal die vrug daarvan eet.

"Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen." N14:28

4 thoughts on “Sy Woord Genees”

  1. Liewe Janine,
    God se woord is lewend en kragtig en skerper as ‘n tweesnydende swaard.
    Hierdie vers het gister oor en oor in my dag ingekom.
    “Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie”.
    Rom 8:18
    Vandag gaan ek dag ingaan met hierdie vers en ek kan nie wag om dit sien waarmee God my nòg gaan verras nie. Vandat ek dit in my hart het om te laat gaan en net oor te gee aan God ( die laaste 2 weke) was dit waarlik een verassing op die ander!
    Ek loof en dank en prys my God!

    1. Wow ek love dit as die Here so met ons praat en dit bevestig word deur iemand anders wat ook getuig met dieselfde vers.
      Ek is so opgewonde oor wat jy deel kosbare Betty, dankie. Ek het al voorheen vir jou genoem ons kry ‘n voorry sitplek waar ons dan al die seer sien, maar in dieselfde asem kry ons ‘n voorry sitplek om te sien wat die Here doen en hoe iemand nader aan ons kosbare Here groei en dit is wow. Ek is so dankbaar vir wat die Here in jou lewe doen en nog gaan doen!

  2. Dankie Janine, nadat ek geleer het om verse te memoriseer en te oordink het ek gevind dat ek situasies baie beter hanteer as van te vore. Sy woord en beloftes bring vrede en genesing.

    1. Ek stem saam met jou kosbare Adina, Sy Woord bring beslis vrede en genesing. Ek het vandag die hele dag op Sy Woord gemediteer en dit het my deur ‘n baie moeilike dag werklik vrede gegee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui