🙌Belofte Woensdag🙌

"Die HERE is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is." P34:19

Kosbare liefste vrou as jy vandag dalk hartseer is, wil ek jou bemoedig met die feit dat ons kosbare Here naby jou is. 

"Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep." P145:18

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

5 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. ‘Van ver af het die Here aan hom verskyn. “Met ‘n ewige liefde het Ek jou liefgehad; daarom het Ek jou in troue liefde nadergetrek. Ek sal jou weer herbou, en jy sal gevestig wees, jongvrou Israel. Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne, en uitgaan in die kring van die dansers. Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaria. Hulle wat plant, sal die eerste vrugte daarvan geniet. ‘

    Jeremia 31:3-5
    https://www.bible.com/bible/3499/JER.31.3-5

  2. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek soos rooi so purper. Ek kan dit wit maak soos wol. As julle gewillig is en My maar net gehoorsaam”. (Jesaja 1:18-19)

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige belofte kom deel het kosbare Colleen, wow, ons kosbare Here se genade vir ons is werklik onbeskryflik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui