Lewensles Week 63

"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” S3:5-6

Lees asseblief hierdie baie belangrike gedeelte aangehaal uit Lewensles Week 63:

Hoe dikwels het ek die hartverskeurende joernale of selfs lofverslae gelees, wanneer vrouens deel hoe hulle op hulle knieë gegaan het en Hom om hulp gesmeek het, by Hom gepleit het, lang en intense gebede net om met Hom te verbind?

En al die tyd is Hy daar, hulle liefdevolle Hemelse Man en sit Hy reg langs hulle. Hy is nie ver bo in die hemel nie en wag om Hom oor julle te ontferm (Jesaja 30:18).

Kosbare bruid onthou asseblief dat ons kosbare Here langs ons is en ons kan enige tyd, enige plek met Hom gesels. Erken jou liefde aan Hom deur Sy leiding te volg! HY LEI MY (HLM)!

2 thoughts on “Lewensles Week 63”

  1. Dankie kosbare Janine, ja ons Geliefde is altyd by ons, maar ons moet ons harte oopmaak om Hom in te laat en stil raak om Hom te voel en Sy liefde vir ons te ervaar.

    1. Ja ek stem saam met jou kosbare Adina, want om ‘n intieme verhouding met ons kosbare Here te bou, moet ons Hom inlaat.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui