🙌Belofte Woensdag🙌

"As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry." J15:7

Kosbare liefste vrou hierdie is vir my so pragtige belofte en ek verstaan nou hoekom ons Liefling Here my weer lei om Sy woord in my lewe in te spreek, so ek wil jou aanmoedig om saam met bybelverse te memoriseer. Al memoriseer jy net een 'n week is dit klaar 'n begin. Lees hoe pragtig stel die Boodskap Bybel hierdie belofte:

"Maar julle, as julle altyd naby aan My bly soos ’n takkie wat aan ’n druiwestok vasgegroei is en getrou doen wat Ek vra, is daar vir julle regtig goeie nuus. “Julle kan maar in gebed vra wat julle nodig het om goeie, vrugbare takkies te wees, want julle sal dit kry." J15:7(DB)

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

2 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “Want geen ding zal bij God onmogelijk zijn.” Lucas 1:37 https://www.bible.com/bible/1990/luk.1.37

    “Ik vermag alle dingen in Hem, die mij kracht geeft.” Filippenzen 4:13 https://www.bible.com/bible/328/php.4.13

    “Geprezen zij de Here.
    Dag aan dag draagt Hij ons; die God is ons heil.
    sela
    Die God is ons een God van uitreddingen,
    bij de Here Here zijn uitkomsten tegen de dood.” Psalm 68:20-21 https://www.bible.com/bible/328/psa.68.20
    ~~~~~~
    “Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.” L1:37 https://www.bible.com/af/bible/5/luk.1.37

    “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” F4:13 https://www.bible.com/af/bible/5/php.4.13

    “Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela. God is vir ons ‘n God van verlossinge, en die Here Here het uitkomste teen die dood.” P68:20-21 https://www.bible.com/af/bible/5/PSA.68.AFR53

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui