Lewensles Week 62

"Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die HERE nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte." 1K19:12

Lewensles Week 62 sê dat baie van ons nie eens besef dat ons kosbare Here met ons praat nie en die vraag is, luister ons? Lees asseblief hierdie treffende gedeelte wat ek aangehaal het uit die les:

"Om eerlik te wees, toe ek Hom gevra het hoe hierdie kommunikasie begin het om te blom en bloesem, het Hy my herinner dat dit gebeur sodra ons ‘n sagmoedige en stil gees omhels. Dit is wanneer ons regtig van Hom begin hoor, wanneer hierdie vermoë gebore word. Sodra die twisgierigheid weg is, saam met oormatige gepraat—op hierdie stadium is dit dan redelik maklik om Hom te hoor!"

Kosbare bruid ek dink jy sal saam my stem dat ons beslis nie ons kosbare Here se stem kan hoor as ons twisgierig is nie, ek weet ek kannie. Dis werklik wanneer ek 'n sagmoedige en stil gees het wat ek Sy strelende stem hoor. Onthou jy hoe ek laas week gedeel het hoe my kosbare Liefling Hemelse Man my stilgemaak het toe ek oormatig gepraat het en ek verstaan nou hoekom.

Kosbare bruid ek wil jou aanmoedig om 'n sagmoedige en stil gees te omhels sodat jy ons kosbare Liefling Here se stem meer en meer kan hoor.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui