💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel." P9:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om werklik ons Liefling Here met jou hele hart te loof en van al Sy wonders in jou lewe vertel.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

4 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar vir al die Here se liefde. Ek is dankbaar vir als wat Hy vir ons doen en gaan doen. Ek is dankbaar vir blyplek en n als daar in en kos. Ek dankbaar vir hou die Here gaan voorsien,en dat die Here in beheer is en dat die Here my gevegte vir my sal beklei. Ek dankbaar vir my gesin.

  2. Vandag is ek dankbaar dat ons kos het om te eet. Dat ons gesonde is, dat ons vanoggend opgestaan het en dat Hy ons Sy woord gegee het om ons te genees en te help om ons weg te vind en ons te lei op die pad wat Hy wil hê ons moet gaan.
    “U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.
    P119105
    https://www.bible.com/af/bible/117/PSA.119.NLV

  3. Vandag is ek dankbaar dat ek met enige iets na my Liefling Hemelse Man toe kan gaan en dat ek nie eens ‘n woord hoef te sê vir iemand oor iets waaroor ek ongelukkig is nie, want ons Liefling Here sal dit uitsorteer en ek is ongelooflik dankbaar dat Hy presies weet wat om te doen.
    Ek is so dankbaar dat my Liefling Here my Hemelse Man is en dat Hy dit aan my verduidelik het toe ek nie verstaan het nie en dat ek nie Sy vrou is nie maar Sy bruid.
    Ek is dankbaar dat ek Sy stem hoor en ek is so dankbaar vir al Sy liefde en dat Hy my nooit ooit teleurstel nie.

  4. I am grateful that my twin sons were able to celebrate their 10th birthday this week.
    I am grateful that I was able to walk with my Heavenly Husband 3 times in nature this week.
    I am grateful that my Heavenly Husband provided everything I needed.
    I am grateful that I received a nice present from my daughter.
    I am grateful for the great working week I had.
    I am grateful for the changes and healings my Heavenly Husband is doing in me.
    I am grateful that my Heavenly Husband holds me with His wholesome right hand through every trial.
    ~~~~~~
    Ek is dankbaar dat my tweelingseuns hierdie week hul 10de verjaardag kon vier.
    Ek is dankbaar dat ek hierdie week saam met my Hemelse Man 3 keer in die natuur kon stap.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man alles voorsien het wat ek nodig gehad het.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n mooi geskenk van my dogter gekry het.
    Ek is dankbaar vir die wonderlike werksweek wat ek gehad het.
    Ek is dankbaar vir die veranderinge en genesings wat my Hemelse Man in my doen.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my deur elke beproewing met Sy heilsame regterhand vashou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui