Lewensles Week 61

"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” R8:28

Ek is mal daaroor hoe my Liefling Here my lei. Laas Vrydag oggend in die kar het ek dadelik begin babbel met my Liefling Here (omdat daar soveel dinge in my kop aangegaan het), toe Hy my stilgemaak het en vir my gesê dat ek Hom eers moet vertel hoe lief ek Hom het en dat Hy ook dieselfde wil doen. En dat daar 'n groter rede is dat ek moet ophou om alles so te "replay" in my gedagtes. Dat as ek alles so "replay" is dit kosbare tyd wat ek mors, wat ek eerder met Hom kon gesels.

Met die lees van Lewensles Week 61 was dit net weer 'n bevestiging dat ons kosbare Liefling Here wil hê dat ek totaal en al op Sy leiding moet staatmaak.

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om al jou fokus op ons kosbare Liefling Here te plaas en Hom toe te laat om jou ten volle te lei.

2 thoughts on “Lewensles Week 61”

  1. Dankie vir die pragtige boodskap vanogend Liefste Janine, ja dit is so waar en ek dink dit is iets wat ek ook aan moet werk is om nie meer goed te replay in my gedagtes nie, dit so waar dat ons eerder dai tyd kan gebruik om met Hom te gesels.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui