🙌Belofte Woensdag🙌

"Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie." R8:38-39

Kosbare liefste vrou onthou niks kan ons ooit van ons kosbare Here se liefde skei nie, so glo hierdie belofte met jou hele hart. Ek wil jou aanmoedig om werklik 'n intieme verhouding met ons kosbare Here na te streef en Sy ewigdurende LIEFDE te ervaar, dit sal vir jou ook lewensveranderend wees, net soos wat dit vir my was.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

4 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. “When you pass through the waters, I am with you; when you pass through the rivers, they will not wash you away; when you pass through the fire, you will not be consumed, nor will the flame burn you up. For I, the Lord, am your God, the Holy One of Israel, your Redeemer;… ” Isaiah 43:2 https://www.bible.com/bible/328/isa.43.2

    “The Lord’s intimacy is with those who fear Him,
    and his covenant he makes known to them.” Psalm 25:14 https://www.bible.com/bible/328/psa.25.14
    ~~~~~~
    “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.” J43:2 https://www.bible.com/af/bible/5/isa.43.2

    “Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.” P25:14 https://www.bible.com/af/bible/5/PSA.25.14.AFR53

  2. “En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.” K3:14 https://www.bible.com/af/bible/5/COL.3.14.AFR53

    Lees hoe mooi stel die Boodskap Bybel hierdie selfde vers:
    “Tussen die klere wat God vir julle gegee het, is daar ’n kledingstuk wat alles perfek afrond. Jy moet dit altyd en oral dra. Hierdie kledingstuk is die liefde. As julle mekaar liefhet, leef julle presies soos God dit wil hê. Liefde hou julle naby mekaar soos julle veronderstel is om te wees.” K3:14 https://www.bible.com/af/bible/50/COL.3.14.DB

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui