Lewensles Week 60

"Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink.” E3:20

Met die lees van Lewensles Week 60 het ek weereens besef dat ons, ons kosbare Here moet toelaat om ons te lei. Ek daarvan getuig dat as ek toelaat dat my Liefling Here my lei, werk alles net reg uit. Hy is werklik my lig in enige donkerte.

Soek die goeie en dit is die rigting waarna Hy jou sal lei om te gaan. Dit is jou baken van lig in die donkerte. Dit is Sy lig wat jou na Hom toe lei en rondom elke hindernis, slaggat en landmyn. Koppel dit met lof en jy sal die mees ongelooflikste Oorvloedige Lewe verder as jou drome leef—reg in die middel van chaos en krisisse. 

Kosbare liefste vrou laat toe dat ons kosbare Liefling Here jou lei en dat ons Liefling Here jou lig in die donkerte wees.

2 thoughts on “Lewensles Week 60”

  1. Dankie baie liefste Janine vir die pragtige boodskap ja ons het so die Here se leiding nodig. Dat Hy ons elke dag lei en deur als lei.

    1. Ja kosbare Kristy ons het beslis die Here se leiding nodig, ek weet as ek my eie kop volg maak ek in elk geval net ‘n gemors.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui