Is Jy Aan Die Einde Van Jouself?

"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie." S3:5

Met vandag se oggendtoewyding het ek net weereens besef dat as jy aan die einde van jouself is, is dit die perfekte plek om te wees, want dan kan jy oorgee aan die Here.

Ek moet erken ek was al baie op daardie plek en het dan baie keer die fout gemaak om dit wat ek vir die Here gegee het om te hanteer, dan terugvat en self te probeer "fix". Nou weet ek my hulp kom net van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Kosbare liefste bruid gee alles oor aan die Here en vertrou Hom genoeg om dit nie terug te wil neem om te probeer "fix" nie. Los alles in ons kosbare Here se hande, Hy weet wat Hy doen. Ek wil jou aanmoedig om die liedjie wat ek die vorige dag gedeel het oor en oor te luister, totdat jy ons kosbare Here se liefde ervaar en al jou fokus op Hom is en jy Hom genoeg vertrou om alles in Sy hande te los.

"My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het." P121:2

 

 

2 thoughts on “Is Jy Aan Die Einde Van Jouself?”

  1. Ja liefste Janine vanogend se boodskape is baie mooi. Ek is so bly dat ek kan weet die Here het als onderbeheer en is kla vooruit.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui