LL 77 – BITTER OF BETER

Of jy word bitter of beter, watter een is jy besig om te word?

Dit laat my terugdink aan ‘n tyd toe bitter was, dit was ‘n baie aaklige, leë gevoel, die woord bitter los sommer ‘n bitter nasmaak in my mond. Wat bygedra om my bitterheid erger te maak moet ek erken was dat ek baie oor my seer gepraat het en presies soos Erin sê dit het alles oor EK gegaan, ek was so seergemaak, ek was dan die slagoffer… In plaas van alles net vir die Here te gegee het, maar ek is so ewig dankbaar vir ons wonderlike Here dat Hy my nie net so gelos het nie en die Here wil ook nie hê jy moet met enige bitterheid sit nie.

Lees asseblief wat ek 'n vorige keer gedeel het oor bitter of beter:

BITTER OF BETER

Kom ons doen bietjie selfondersoek presies soos Erin sê en vra of daar enige bitterheid teenoor iemand is en sy sit dit kan voorspruit uit onvergifnis en dis net die Here wat ons daarmee kan help en ja kom ons kom uit elke de laaste situasie beter en nie bitter nie.

En luister asseblief na hierdie insigewende gesprek van Erin oor: “BITTER OF BETER”

*Dis in Engels geplaas, maar 'n moet-luister lewensles.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui