Ek het vandag 'n boodskap met slegte nuus ontvang, en dit het gevoel of my hart nie nog pyn kan vat nie. Toe het ek vinnig gekyk en dadelik na my gebedshoekie gestap en op my knee neer geval en met my wonderlike Here gepraat oor hoe ek voel. Ek het Hom gevra om my asseblief te beskerm teen dit wat nie van Hom af kom nie en dat Hy my asseblief krag moet gee vir dit wat ek dalk gaan hoor. Partykeer vat dit dae voordat die Here antwoord, maar vandag het my wonderlike Liefling my DADELIK geantwoord. Nadat ek my hart voor die Here uigestort het en terug stap van my gebedshoekie sien dat die boodskap op my foon uitgevee was.
God omgord jou met krag. Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee die Here weer nuwe veerkrag aan jou lewe. Moenie paniekerig raak wanneer omstandighede jou laat voel asof jou lewe buite beheer geraak het nie, ervaar die Here se krag in jou lewe en staan vas.
"Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug." Ps 62: 9
Dankie my wonderlike HM dat ek my moeilike omstandighede in U hande kan plaas, en volkome op U kan vertrou. Dankie dat U my vandag beskerm het, en altyd my gebede hoor. Ek is so lief vir U.
"Wat God doen, is volmaak; wat die Here se, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, BESKERM HY." Ps 18:31
Kosbare Mila, baie dankie vir jou pragtige lofprysing, dit het my so bemoedig om te hoor wat die Here doen as ons heel eerste na Hom toe hardloop. En dit het my dadelik aan hierdie Lewensles laat dink en dis presies wat jy gedoen het, jy’t net uitgeloer en nie heeltemal die deur oopgemaak nie, presies wat ons moet doen en toe verander die Here dit vir jou.
https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w20/
Thank you Mila for this praise. I know what you mean by receive a message that you don’t want to hear of see. Just resently He gave me this Promises
.
Met sy vleuels beskerm Hy jou, en onder sy vleuels vind jy skuiling; sy trou is skild en wapenrusting. Psalm 91:4.
Hulle sal geen vrees vir slegte nuus hĂȘ nie; hulle harte is standvastig en vertrou op die Here. Psalm 112:7
I try to remind my self of this promise in the morning and when i feel, see a attack is coming.
Our Lord is faithfull to answers us always when we cry out to Him. And indeed sometimes it take a while but He will answer us.
Thank you for the beautiful promises you shared Kristine, I really needed to hear that! đđ