“n Vreugdevolle Hart”
‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput” (Spr. 17:22).
Erin skryf: Een ding is seker—Hy sal nie versuim om Sy beloftes na te kom nie. So vandag, neem vertroosting in hierdie waarheid liewe bruid.
Vandag se lewensles het my laat dink aan 'n vers wat die Here jare gelede vir my gegee het:
...en die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg. J35:10
En die Here versuim werklik nie om Sy beloftes na te kom nie, want vandag kan ek met 'n lied in my hart getuig dat ek werklik vreugde en blydskap verkry het.
Dankie dat jy hierdie les gedeel het liefste Janine, ons kan vreugdevol wees want ons weet ons Hemelse Man sal vir ons deurkom op Sy bepaalde tyd. Ons kan die wagtyd geniet omdat ons vol vertroue is dat Hy besig is om te werk, al sien ons dit nie dalk nou nie.
Ja kosbare Adina, ons kan beslis vreugdevol wees want die Here sal altyd vir ons deurkom, wat ‘n wonderlike versekering is dit net nie.