LOER UIT, MOENIE DIE DEUR OOPMAAK NIE
Soos dit sê in Fillipense 4:4-9 net dan, en net wanneer ons “Altyd bly is in die Here” en ons gedagtes en harte fokus op wat “eerbaar, reg, rein, lieflik, en ‘n goeie verslag is” behoort ons dit te oordink. Dit is die vrede wat jou sal help om te weet of jou hart in Hom rus.
“En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.” Kolossense 3:15 AFR 83
So in plaas daarvan, sodra jy loer, net om iets te sien (of hoor) wat die potensiaal het om jou te beroof van wat Hy gesterf het om vir jou te gee—om Sy liefde te ervaar—hou die deur toe, grendel die deur. Draai dan om en begin om te kyk na hoe Sy liefde jou verander het. Gaan sit met ‘n warm of koue drankie en “vermaak” ALLES wat Hy vir jou gedoen het, oordink hulle een vir een, en gou sal ‘n glimlag oor jou gesig versprei en Sy liefde sal weer uit jou oë glinster. En laastens, “wees lief op Hom”—gee Hom net ‘n klein fraksie van wat Hy alreeds vir jou gegee het, gegee aan ieder en ELK van Sy bruide!!
Ek sal nooit vergeet toe ek so paar weke gelede gestaan het en besig was om wasgoed op te hang nie en die vyand my herinner het aan 'n herinnering oor my AM, wat op daardie statium nie 'n goeie herinnering was nie, ek het dadelik hardop gesê dat ek weier om daaraan te dink en daardie deur in my gedagtes toe gemaak en ek het dadelik met die Here gesels oor hoe goed Hy vir my is, want Hy is ongelooflik goed vir my. Ek het het altyd die probleem gehad om dinge te oordink en sê dit juis in die verlede tyd omdat ek dit nie eens meer oor myself wil spreek nie en probeer nou om my gedagtes met Bybelverse te vul of om dadelik met my wonderlik Liefling te gesels.
So waar Janine daardie vers wat jy deel om te fokus op wat “eerbaar, reg, rein, lieflik, en ‘n goeie verslag is” is regtig baie belangrik vir ons harte en ons emotionele welstand.
Ek het dit op my foon gestoor om dit te onthou want die vyand sal altyd probeer om ons fokus op op die negatief te sit maar as ek hierdie vers onthou dan help dit my onthou om op daardie dinge wat reg, rein en lieflik te fokus 🙏💗