Ek deel uittreksels uit die Herstel jou Huwelik boek, Hoofstuk 8 en deel ook meer oor my eie foute met die hoop om te keer dat vrouens nie dieselfde foute as ek maak nie:
Hantering van jou Eggenoot se Sondes
As jou eggenoot in enige sonde is, hoe moet jy as vrou dit hanteer? Nie soos die wêreld dit doen nie! Die wêreldse manier sal vernietiging meebring, maar God se beginsels sal oorwinning bring. Hier is God se voorskrif, reguit uit sy Woord:
Sonder ‘n Woord. Soos ons vroeër geleer het, is die Bybel duidelik dat ons in respek moet stilbly en probeer om nie met ons eggenote te praat wanneer hulle ongehoorsaam is aan God se Woord nie. (Sien 1 Pet. 3:1–2). Moenie die fout maak om met jou eggenoot te praat oor sy sonde nie; praat slegs met God. Ek vra jou ook ernstig om ook nie met ander daaroor te praat nie. Twee dinge gebeur wanneer jy dit doen. Eerstens, dit veroorsaak dat ons nie in lyn is met God se wil nie. “Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek [God] vernietig...” (Ps. 101:5).
Ek het al voorheen erken dat ek te veel gepraat het in my huwelik, te veel my man uitgewys het op sy foute en sy sondes en ek het selfs vir hom hulp gesoek om hom te probeer help met sy sondes en vandag erken ek dat dit net meer skade gedoen het met baie verwyte. En nog erger is dat ek selfs met ander gepraat het en vandag besef ek hoe verkeerd ek was. Ek het hom ook gewaarsku oor alles wat hy verkeerd gedoen het en nou as ek terugkyk op my lewe, weet ek dit het hom seker net meer weg van my afgedryf, terwyl ek net eerder op my eie sondes moes konsentreer en daarom maak ek 'n punt daarvan om vir ander bruide my foute te vertel, om te probeer keer dat ander vrouens nie die foute maak wat ek gemaak het nie.
Liefste bruid asseblief moenie die foute maak wat ek gemaak het nie, bly vining stil en praat slegs met God oor alles.