Dankie Jesus, dat U saam met my kinders was en is! Dankie dat U hulle net vir Uself wil he en dat U hulle meer liefhet as wat ek kan droom. Dankie dat U hulle behoed, bewaar en beskerm.
Dankie dat U my gister geseen het met ‘n pragtige, perfekte kleinkind!
U hand is verseker oor ons!
Ek loof en prys U!
Baie baie geluk kosbare Betty met jou kleinkind, ‘n geskenk van die Here af, ek is saam met jou dankbaar. Wat ‘n wonderlike versekering dat die Here ons kinders liewer het as wat ons hulle het.